Sirkus het nog nie dierepermitte
Sirkus het nog nie dierepermitte

Sirkus het nog nie dierepermitte

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Suid-Afrikaanse McLaren-sirkus, wat in Junie in Namibië wil kom toer, het bevestig hulle het nog nie aansoek om dierepermitte by die ministerie van die omgewing en toerisme gedoen nie.

“Ons is ten volle bewus van al die dokumente wat deur die ministerie vereis word.

“Ek dink nie jy moet te bekommerd wees oor die permitte wat benodig word nie, aangesien ons nie regtig wettiglik kan werk en grense kan oorsteek daarsonder nie,” het mnr. Karl Hildebrandt, die McLaren-sirkus se woordvoerder, by navraag per e-pos aan Republikein gesê.

“Dit is 'n interne saak wat ons hanteer.

“Alle aansoeke sal so doeltreffend moontlik voltooi word,” het hy bygevoeg.

“As 'n besigheid wat al 14 jaar lank bedryf word, werk ons met verskeie departemente wat verseker ons optredes word volgens wetgewing bestuur.

“Ons sal verseker alle nodige dokumentasie word ingedien om wettiglik met ons beplande toer te kan voortgaan.”



'DIEREWELSYN NIE BEDREIG'

Hildebrandt sê “ons sal nooit iets doen om die veiligheid en welsyn van enige van ons pragtige diere wat optree te bedreig nie”.

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het die ontvangs van die diereregteorganisasie Namibian Advocates for the Banning of Animal Circuses in Namibia se protesbrief erken.

Die organisasie het die brief Woensdag aan die minister en uitvoerende direkteur van die omgewing en toerisme, asook parlementslede gestuur en dring daarop aan dat sirkusse met wilde diere in Namibië verbied word.



ONTVANGS ERKEN

“Ons het die brief ontvang en is besig om die inhoud daarvan te bestudeer.

“Ons sal op 'n geskikte tyd terugvoering gee,” het Muyunda gesê.

Hy het weer beklemtoon “ons het nog niks formeel van McLaren-sirkus ontvang nie”.

Die wilde diere in dié sirkus is onder meer Bengaalse tiere, wit Bengaalse tiere, leeus, wit leeus, krokodille, kamele en luislange.

Volgens die McLaren-sirkus is hul besoek aan die kus afgestel.

“Weens die oorweldigende negatiewe kommentaar en terugvoering van individue aan die kus het ons ons venue verloor en kon ons weens die dreigemente van protes en boikotte nie een verseker nie.”

Volgens hul program wil die sirkus in Windhoek en op Keetmanshoop, Mariental, Otjiwarongo en Tsumeb vertonings doen.

Intussen het bekgevegte op sosiale media oor die sirkus se beplande Namibiese toer uitgebreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!