Sirkus van die dood
Die Spaanse griep-pandemie van 1918 is deur ’n sirkus na Windhoek gebring. Margarethe von Eckenbrecher het dit oorleef en kon die afgryse daarvan in haar memoires beskryf.
Ronelle Rademeyer
Dit is vroeg in Oktober 1918 en in Windhoek heers ’n kinderlike opgewondenheid, selfs onder die grootmense.
Vir die eerste keer ooit besoek ’n rondreisende sirkus uit die Unie van Suid-Afrika die mense in Suidwes-Afrika.
By die sirkus se eerste optrede in Windhoek is daar nie plek vir ’n muis nie. Al wat leef en beef, woon dit by.
Die aand word aangekondig die program moes verander word aangesien sommige van die akrobate, dieretemmers en hansworse siek is.
Só onthou Margarethe von Eckenbrecher in haar memoires “Was Afrika mir gab und nam” die gebeure wat tot die uitbreking van die Spaanse griep in Windhoek aanleiding gegee het.
Sy was die vrou van ’n Duitse setlaar wat in 1898 na Duitswes-Afrika gekom het. Die Von Eckenbrechers het aanvanklik by Okombahe geboer.
Margarethe, wat later van haar man geskei is, keer ná die Herero-oorlog (1908) na Duitsland terug. Sy gaan woon vir ’n tyd in Oos-Afrika en vestig haar weer in 1914 in Windhoek waar sy gedurende die Eerste Wêreldoorlog by die Ober Real Schule vir Duitse kinders in Windhoek skoolhou.
JAAR VAN SIEKTES
Sy skryf 1918 was nie ’n goeie jaar in Suidwes-Afrika met betrekking tot siektes nie. Benewens malaria, doen vele mense maltakoors op en onder die kinders breek witseerkeel en masels uit.
“In Augustus en September lees ons in die Duitse koerant (Allgemeine Zeitung) van die Spaanse griep, maar steur ons nie veel daaraan nie. Sommige vrees wel mettertyd dat die griep sy weg hierheen gaan vind.
“Skielik word daar toe berig oor groot getalle mense in die Unie van Suid-Afrika wat die siekte opdoen.”
Von Eckenbrecher skryf die dag ná die sirkus het ’n trein uit die Unie by Windhoek-stasie aangekom.
Die lyk van ’n kondukteur wat op die trein dood is, is afgelaai. Ook ’n kelner arriveer dodelik siek en sterf kort daarna in die Katolieke hospitaal.
“Daardie aand tree die sirkus nie op nie, want te veel van sy mense is siek.”
Daar is ook reeds heelwat mense in die lokasie wat siek is.
“Toe ek die volgende oggend alleen skool toe stap, kom ek op ’n swart man af wat dood langs die pad lê,” skryf sy.
“’n Jong Joodse vrou wat naby Ausspannplatz gewoon het, was die eerste wit inwoner wat aan die griep dood is. Ure later sterf nog ’n jong meisie. Daarna was die siekte in byna elke huis. Al die Duitsers, Engelse, Boere en swartmense is deur ’n magtelose paniek beetgepak.
“Skole het gesluit. Kantore het leeg gestaan en baie besighede het toegemaak. Die treine het nie meer gery nie. Alle logistieke dienste is opgeskort. Geen melk en botter was beskikbaar nie; brood was skaars. Vleis was daar darem wel,” skryf sy.
“Die siekte het so vinnig en met soveel geweld uitgebreek dat dit nie moontlik was om die kinders uit die koshuise op plase te kry nie, want daar was nie vervoer beskikbaar nie.
“In Klein-Windhoek het ons ’n buurtwag ingestel. Mense het beurte gemaak om van huis tot huis te gaan en na mense se welstand te verneem. Talle oujongkêrels, Duitse offisiere en amptenare wat alleen gewoon het, het hulp nodig gehad.”
Sy skryf Windhoek het in daardie stadium twee dokters gehad. Daar was ook twee hospitale – die Katolieke hospitaal wat vandag nog bestaan en die Lazarett, wat ook as die Engelse hospitaal bekend gestaan het. Dit was geleë waar die Aktekantoor vandag is.
“Die een dokter het baie gou self siek geword en ons geliefde dokter K moes die bomenslike vermag. Dag en nag was hy op sy voete, straat op en straat af. Hy is in Groot- en Klein-Windhoek gesien met sy wapperende, wit doktersjas, pithelm en vet perd waar hy hulp verleen, raad gegee en vertroos het,” skryf sy.
Die skole is ook as hospitale ingerig. Die twee apteke kon nie voorbly om medisyne te voorsien nie. Die glasflessies waarin middels verkoop is, het later opgeraak en mense moes van die huis af hul eie flessies bring.
Dit was lank voor die tyd van antibiotika en daar was nie medikasie waarmee sekondêre infeksies soos longontsteking behandel kon word nie.
Baie mense het ’n sakkie met kanfer aan hul lyf gebind in die hoop dat dit die griep sou weghou, wat natuurlik nie gehelp het nie, skryf sy.
In die groter Windhoek was bykans nie ’n huis wat die virusinfeksie gespaar is nie. In die geval van huise wat effens afgesonder was, het dit gebeur dat Windhoekers skielik besef het daar is geen beweging nie en as hulle gaan ondersoek instel, is net dooies gevind.
DOOIES BY DIE HONDERDE
Die kiste met dooies is met ’n perdekar na die Leutwein-begraafplaas aangery. In daardie tyd was groot getalle soldate as deel van die Unie se besettingsmag in Windhoek gestasioneer. Baie van hulle het ook siek geword en beswyk.
Von Eckenbrecher beskryf die knarsgeluid van die ossewa se wiele wat die dooie soldate kerkhof toe gekarwei het, die kiste bedek met die Union Jack.
Daar was later nie meer handlangers beskikbaar om grafte te help grawe nie.
Die besettingstroepe en mans wat nie siek was nie, het van vroeg soggens met pik en graaf gesorg daar is genoeg grafte om die dooies in ter ruste te lê.
Aangrypend beskryf sy die “jammerlike gekreun van ylende siekes in die hospitale wat met hul naels teen die mure gekrap, die linne geskeur en tot aan die einde teen die dood baklei het”.
“Wanneer dit stil geword het, is ’n doek oor die gesig getrek en het die persoon daar gelê tot die lyk weggeneem kon word. Waarheen? Dit was dikwels die probleem. By die Lazarett en die Katolieke hospitaal se lykshuise was die kiste tot buite die deur opgestapel.”
“In ons skool is die afskortings tussen die toilette verwyder en daar het ons die arme dooies op mekaar gestapel tot die kiste gereed was om hulle daarin te plaas. Die paar skrynwerkers in Windhoek was teen daardie tyd ook al siek en hout was skaars. Dit het gereën en was ’n warm, bedompige Oktober.”
Von Eckenbrecher, toe 43 jaar oud, het self nie siek geword nie, maar beide haar seuns was baie siek. Hulle het albei oorleef.
Sy beskryf hoe sy op ’n perdekar in Storstrasse (deesdae Onafhanklikheidslaan) afgery het en daar nie ’n siel in sig was nie. By die algemene handelaar het die deur oopgestaan, maar die winkelier was nêrens te sien nie. Later het hy met ’n flou stem kreunend van waar hy gelê het, gesê sy moet haarself help en in ’n boek op die toonbank die items lys was sy geneem het. Hy is drie dae later ook dood.
Uit die rigting van die lokasie het sy twee waens gewaar. Aanvanklik is gehoop dit is kosvoorrade van plase af, maar later het sy gemerk dit is propvol dooies.
“Angs oor die siekte het mense tot waansin gedryf. Hulle het die bosse ingehardloop waar hulle siek geword en gesterf het. Lyke is ook by waterpunte langs die hoofpaaie gevind.”
Sy skryf die pandemie het sy hoogtepunt in Windhoek op 18 Oktober bereik. Daarna het dit verder versprei na plase en later selfs die uithoeke van die land.
Volgens die boek “Vom Schutzgebiet bis Namibia 2000” is 2 516 mense in die land destyds aan die Spaanse griep dood – die meeste daarvan in Windhoek.
Dr. Andreas Vogt, kultuurhistorikus, sê Windhoek het in daardie tyd sowat 15 000 inwoners gehad, met die totale inwonertal in die land nie meer as 350 000 nie.
Die weemoedigheid het voortgeduur lank nadat die pandemie verby is. Sondag na Sondag het mense in lang rye na die begraafplaas gestap om by die grafte van geliefdes te gaan treur.
En toe daar ’n paar jaar later weer ’n sirkus na Windhoek kom, het dit min aftrek gekry.
Die herinnering aan die sirkus van die dood was nog te vars in almal se geheue.
KASSIE
Suid-Afrika en die res van die wêreld
Die Spaanse griep (’n H1N1-virus wat sy oorsprong vermoedelik in voëlgriep gehad het) was die mees vernietigende pandemie van die moderne tyd en het wêreldwyd meer as 50 miljoen lewens in net meer as ’n jaar geëis. Dit was sowat 4% van die wêreld se bevolking van nagenoeg 1,9 miljard mense.
Suid-Afrika was een van die lande wat die ergste getref is. Na raming is sowat 300 000 Suid-Afrikaners binne ses weke dood. Dit verteenwoordig 6% van die bevolking in daardie tyd.
Dit is die Spaanse Griep genoem omdat die koerante in Spanje, ’n neutrale land tydens Eerste Wêreldoorlog (WW1) met geen oorlogsensuur in die media nie, eerste daaroor berig het.
Howard Phillips, emeritus-professor van die Universiteit Kaapstad en kenner van dié donker hoofstuk in Suid-Afrika se geskiedenis, beskryf dit as die grootste en ergste natuurramp wat die buurland ooit getref het.
In sy doktorale tesis, “Black October: The impact of the Spanish influenza epidemic of 1918 on South Africa” sê hy dit het ’n onuitwisbare invloed op die sosiale, mediese en administratiewe geskiedenis van Suid-Afrika gehad.
Tydens WWI het baie skepe veral Durban en Kaapstad aangedoen. Die Kaap se strategiese ligging was belangrik vir internasionale skeepsverkeer.
Kort voor die einde van WW1 (Vrede van Versailles is op 11 November 1918 gesluit) het oorlogskepe met siek soldate aan boord in dié hawens vasgemeer. In September 1918 het die skip Salamis vanaf die ooskus van Afrika by Durban, en die skepe Jaroslav en Veroney vanaf Sierra Leone in Tafelbaai aangekom. Die Portugese posboot Lourenço Marques was in die tyd in die Kaapse hawe onderweg na Portugal. Tussen Kaapstad en Lissabon het 200 van die mense aan boord aan die griep gesterf.
Mynbou het in Suid-Afrika vir ’n goed ontwikkelde vervoernetwerk gesorg en die griep het vinnig vanaf die hawens na die binneland versprei.
Die Spaanse griep het die Unie van Suid-Afrika met die broek op die knieë betrap. Die uitmergelende WW1 het steeds gewoed. Vir baie was die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe en die daaropvolgende 1914-rebellie nog vars in die geheue. Die armblanke-vraagstuk het geheers en die toestande by myne en in mynkampongs was ’n probleem. Daarby het die ekonomie weens die heersende oorlog ingekrimp en die erge droogte van 1914-’16, gevolg deur die vloede van 1916-’17, het sy merk gelaat.
Baie Suid-Afrikaanse soldate het oorsee geveg en is deur mediese personeel vergesel. Dus was daar minder dokters en ander gesondheidswerkers in die land beskikbaar. Uit vrees vir die siekte het baie trekarbeiders gevlug na die gebiede van waar hulle gekom het en só is die siekte na plattelandse gebiede versprei.
Twee persent van Afrika se bevolking het binne ses maande aan die Spaanse griep gesterf. Binne sewe weke in September en Oktober 1918 sterf sowat 140 000 mense in Suid-Afrika en doen 2,6 miljoen mense uit ’n bevolking van 6 miljoen mense die griep op. Van dié getal sterftes was 62% in die destydse Kaapprovinsie.
Die kwesbaarste groep mense was tussen die ouderdomme van 20 en 40 jaar – die ekonomies aktiewe mense in die samelewing. Ook het opvallend meer mans as vroue gesterf en ras het geen onderskeid in die dodetal getref nie.
Die pandemie het sy piek gedurende Oktober 1918 in Suid-Afrika bereik; vandaar die verwysing na daardie tyd as Swart Oktober.
Die land het byna tot stilstand gekom. Weens die groot aantal siek werkers moes talle dienste opgeskort word. Fabrieke, myne en die howe het gesluit. Winkels was leeg en voor apteke het lang rye mense gestaan. Spoorverkeer het byna tot stilstand gekom en weens petroltekorte kon motors nie ry nie.
Die heropening van die skole vir die vierde kwartaal is uitgestel. Strate was verlate. Voedselskaartse was aan die orde van die dag en sopkombuise moes ingerig word. Huise is ontsmet, militêre hospitale is vir burgerlikes oopgestel en noodhospitale is in klaskamers ingerig. Lyke het op sypaadjies gelê om afgehaal te word, want die lykhuise was oorvol. In Kaapstad was doodkiste uitverkoop en is dooies in komberse in massagrafte op die strand van Woodstock begrawe. Duisende kinders is wees gelaat en veral kerke moes bontstaan om die nood te help verlig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie