Sirte onder beleg
Rook borrel uit geboue nadat die Libiese lugmag, lojaal aan die eenheidsregering, vuurpyle op stellings van die Islamitiese Staat-groep (IS) in Sirte, Libië, afgevuur het in ’n grootskaalse operasie om die djihadiste se kusvesting in te neem. Volgens ’n vertroulike verslag van die Verenigde Nasies is tussen 2 000 en 5 000 IS-vegters van Libië, Tunisië, Algerië, Egipte, Mali, Marokko en Mauritanië in Sirte, Tripoli en Derna ontplooi. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie