Situasie in Gasa is 'uiters gevaarlik en roekeloos'
Die Verenigde Nasies (VN) bestempel die situasie in Gasa as “uiters gevaarlik en roekeloos”.
Palestynse militante het Maandag hul mees intensiewe bombardering van Israel uitgevoer sedert die Gasa-oorlog in 2014.
Hamas, die oorheersende Islamitiese beweging in Gasa, en ander gewapende faksies het meer as 300 vuurpyle en mortierbomme oor die grens afgeskiet. Dit het gevolg op 'n missielaanval op 'n bus waarin 'n Israelse soldaat gewond is, sê die weermag.
Dit is gedoen in weerwraak van 'n mislukte aanval deur Israel wat lugaanvalle op Hamas se televisiestasie en ander teikens behels het.
Drie gewapende Palestynse mans en 'n Israelse burger is dood.
Sirenes in die suidelike dorpe in Israel en die hawe van Ashkelon het inwoners gewaarsku om na bomskuilings te gaan. Verskeie huise is getref.
VREDESPROSES
Nickolay E. Mladenov, die VN se spesiale koördineerder vir die Midde-Ooste vredesproses, het getwiet die VN werk nou saam met Egipte om die situasie in Gasa te probeer oplos.
Hamas, wat as 'n terroriste-groep in die Weste gebrandmerk is, en Israel was die afgelope dekade in drie oorloë gewikkel.
Wat nou gebeur dreig om pogings deur die VN, Egipte en Katar te ontspoor om 'n langtermynwapenstilstand te bemiddel en sodoende nog 'n ander groot konflik in die verarmde gebied te vermy.
Palestynse faksies het Maandag die verantwoordelikheid op Israel geplaas om 'n wapenstilstand te verklaar of die risiko te loop van meer intense vuurpylaanvalle indien die lugaanvalle op Gasa voortduur.
Brig.genl. Ronen Manelis, Israel se militêre woordvoerder, sê Hamas “lei Gasa na verwoesting” en dat Israel sy aanvalle gaan verskerp indien nodig.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie