Situasie in Venezuela gespanne
Situasie in Venezuela gespanne

Situasie in Venezuela gespanne

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag gesê militêre ingryping in Venezuela is ’n moontlikheid sou dit nodig wees.
’n Groot skare het Woensdag op die Altamira-plein in Caracas byeengekom om teen Nicolás Maduro, Venezuela se president, te betoog, berig CNN.

“Die atmosfeer is gelaai. Hier is ’n paar duisend mense, maar Juan Guaidó (die opposisieleier) sou waarskynlik wou hê hier moet meer wees,” het Michael Holmes van CNN gesê.

The Guardian berig Maduro sê sy soldate het ’n staatsgreep afgeweer wat deur rebelse verregses in die land en pres. Donald Trump se “imperialistiese bende” bedink is.

Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag gesê militêre ingryping in Venezuela is ’n moontlikheid sou dit nodig wees.

Maduro het burgers Dinsdagaand ’n uur lank toegespreek en gesê Guaidó, en dié se politieke mentor, Leopoldo López, is daarop uit om gewapende konflik te ontlok sodat die buiteland kan ingryp. Maduro sê lojale lede van die Boliviaanse gewapende magte het egter die muitery in die kiem gesmoor.

Maduro se uitlatings weerspreek egter dié van Guaidó dat Maduro nie meer die steun van die weermag het nie.

The New York Times berig dat die situasie in die land gespanne is omdat die regering en die opposisie gereed maak vir betogings.

Dit volg op hernude dreigemente van die Trump-regering om in te gryp in Venezuela.

Maduro se teenstanders het Dinsdag met ’n hernude aanslag begin om van hom ontslae te raak en Guaidó het Woensdag op Twitter gesê hulle sal met volgehoue druk op Maduro volhard. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!