Sjebeen teister gemeenskap
Maria Eiseb - "Is dit ''n misdaad om langs ''n sjebeen te bly? Nie eens die hoof van die stadspolisie, of die burgemeester bly langs ''n sjebeen nie, hoekom moet ons gedwing word," wil mnr. Leon Isaacks weet. Sy huis is langs ’n sjebeen in Katutura geleë.
"Hoekom moet agterlike ontwikkeling in Katutura toegelaat word? As dit die geval is, moet die regering en die Windhoek-munisipaliteit vir ons ander woonbuurte gee," het een van die ander ontevrede inwoners in Abraham Mashegostraat van die Soweto-woonbuurt aan Republikein gesê.
Volgens die inwoners van die buurt word die sjebeen in Abraham Mashegostraat sonder ''n lisensie bedryf. Hulle sê dit is verlede jaar gebou en toe hulle die eienaar, me. Ester Gottlieb, daaroor gevra het, het sy gesê dit word opgerig vir die feesvieringe in Maart 2015 tydens die inswering van dr. Hage Geingob as nuwe president.
Ná die feesvieringe is die sinkhuis in ''n sjebeen omskep en die inwoners het gevra hoe Gottlieb dit regkry om sonder die medewete van die bure ''n sjebeen in die woonbuurt oop te maak.
Gottlieb het ná die ontevredenheid van die bure die plek toegemaak, sê Isaacks. Volgens die wet moet iemand wat ''n sjebeen in die woonbuurt vestig, die bure se toestemming kry, het ''n ander inwoner, mnr. Hannes Jacobs, gesê.
Die betrokke sjebeen is glo ná klagtes deur die Namibiese polisie gesluit, maar die Namibië Kleinhandelaarsvereniging (NRTA) het dit weer in bedryf te stel. "Hulle het dit onderlangs gekoop en die klante het aanhou kom," sê Isaaks.
Isaaks het gevra of die vereniging die magtiging het om "oor die kop" van die polisie en die munisipaliteit te gaan. "Hoekom moet hulle ''n plek wat deur die polisie gesluit is, kom heropen?" wou hy weet.
“In die eerste plek het hulle ook nie moeite gedoen om ons, die onmiddelike bure, se toestemming te kry nie,” het Jacobs gesê.
Volgens die inwoners en die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Slogan Matheus, is die sjebeen al twee keer toegemaak. Daar is vasgestel dit is sonder ''n lisensie verkoop is en die nuwe eienaar was ook bewus daarvan dat die plek gesluit is, het Matheus gesê.
"Dit is nie meer oor die inkomste teen honger of armoede wat die sjebeens handel dryf nie, dis net chaos. Die sjebeens moet ook begin om soos ander ondernemings belasting te betaal. Daar is geen verantwoordelikheid of opbou deur ''n sjebeen nie. Deesdae is dit nie meer waaroor jy kla nie, maar eerder oor wie jy aankla," het Isaaks gesê.
Me. Katrina Skrywer ( 68) het gesê sy leef in vrees vandat die sjebeen in die woonbuurt oopgemaak het. "Die karre word voor jou jaarts parkeer, die mense wat eens nie by jou huis drink nie, kom ontlas voor jou jaarts, en jy het ook nie ''n sê nie," het sy gesê.
Me. Jensie Namises het gesê as die mense dronk raak, "is dit erg wat hulle aanvang". "Hoe kan jy kinders in so ''n woonbuurt grootmaak? Die mense doen net wat hulle wil. Eens op ''n keer was een kaal voor my huis en ek moes die kinders die huis injaag," het sy bygevoeg.
“Het die armes nie ''n sê in hierdie land nie?" wil Namises weet. "Is dit net sommige mense wat regte in hierdie onafhanklike land het?"
"Is ons in ''n diep slaap, want Katutura is ''n ashoop van die sjebeens. Die kinders van die sjebeen-eienaars bly ook nie by hul huise nie, maar word by koshuise ingeskryf. Nou moet jou kind in die geraas leef en ook nie tyd kry om te studeer nie," het mnr. Fred #Khariseb gesê.
Volgens die stasiebevelvoerder van die Wanaheda-polisiekantoor, hoofinsp. Josia Shikongo, is dit nie die eerste keer dat hulle klagtes oor die sjebeen kry nie. “Ons moet ''n hofbevel kry om dit weer toe te maak. Mense wat nie aan die wet voldoen nie, of wat die wet uitdaag, sal vervolg word," het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie