Op die verhoog by die Ekspo: Goeie kos = goeie buie

Sanet de Waal
NICOLE LOUBSER

Die Namibies-gebore sjef Nicole Loubser het ’n indrukwekkende CV op net 26. Sy woon tans in Suid-Afrika. Sy het aan die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch studeer, met spesiale fokus op produkontwikkeling. Daarna het sy oorsee in Oostenryk vir 'n vyfster hotel gewerk, sowel as 'n restaurant met twee Michelin-sterre. Sy het ook al in Nice, Frankryk, gewerk.

Ek is passievol oor kos en alles wat dit behels, want dit is die een ding wat my siel voed. Ek hou daarvan om mense se reaksie te sien wanneer hulle die kos geniet wat ek voorberei het.”

Sjefs is ’n integrale deel van die toerismebedryf en Nicole sê die pandemie het haar hard getref. “Die plek waar ek gewerk het, is afhanklik van toeriste en ek het my werk verloor. Maar wanneer een deur toeklap, gaan ’n ander een oop.”

Sy het intussen die spyskaarte vir ’n paar private geleenthede voorberei, waar sy en haar span net goeie terugvoer gekry het.

'n Kans om weg te breek uit Suid-Afrika om huis toe te kom, is iets waarvoor sy nooit “nee” sal sê nie, vertel Nicole. Sy sê feesgangers kan trooskos en gesonde kos verwag, wat sy gewoonlik op haar vrye dae maak, sowel as fynproewerdisse waarvoor sy bekend is. “Gastronomie is my passie, waar ek my kunsvaardigheid sowel as kookvernuf op 'n bord kan uitstal. Die bord is my skilderdoek.”

“Ek weet dit is nou 'n moeilike tyd, maar uiteindelik kom alles tot 'n einde en so ook dié. Ek glo groter dinge kom en daarom moet mense nie moed opgee nie,” is haar boodskap aan diegene in die toerisme- en vermaakbedryf.

TIAAN LANGENEGGER

Die Suid-Afrikaanse sjef Tiaan Langenegger het vir die eerste keer in 2013 opslae gemaak toe hy as die medewenner van die eerste seisoen van die kookkompetisie Kokkedoor gekroon is. Intussen werk hy al vir langer as tien jaar as ’n professionele sjef. Hy het ook al verskeie kookboeke soos Sondagtafel neergepen.

Jy sal hom ook herken as die aanbieder van kykNET se gewilde Koekedoor-werklikheidsprogram, die “soet weergawe” van Kokkedoor.

Tiaan sê hy het nog altyd ’n liefde vir kos gehad, en neem dit beslis as ’n kompliment om die “Jamie Oliver van Suid-Afrika” genoem te word, aangesien dié wêreldbekende sjef een van sy grootste rolmodelle is.

Hy het al saam met sommige van Suid-Afrika se kulinêre elite soos Bertus Basson en Margot Janse gewerk. Sy ontspanne benadering tot sy kos onderskei sy gastronomiese skeppings van dié van ander sjefs.

Hy het die pandemie omgekry deur aanlyn kookklasse aan te bied, maar sê hy is opgewonde om ’n unieke geur na die Namibië Toerisme Ekspo te bring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!