Sjokolade-in-die-middel-plaatkoekies
GENOEG VIR 10 PLAATKOEKIES
BESTANDDELE
sowat 150 ml sjokoladesmeer (Nutella)
230 g (410 ml) bruismeel
knippie sout
6 eiers, geskei
280 ml melk
ongesoute botter om plaatkoekies in te braai
versiersuiker vir bo-oor sif
METODE
Plaas ’n groot stuk bakpapier op ’n houtplank. Smeer 10 sirkels van 5 – 6 cm in deursnee op die bakpapier met die sjokoladesmeer (sien foto). Plaas oop in vrieskas tot hard gevries. Jy kan dit selfs die vorige aand al doen. Sif meel en sout saam in ’n mengbak. Klits eiergele en melk saam in ander mengbak. Maak ’n holte in die middel van die meel en voeg die eiermengsel by. Meng met ’n ballonklitser tot die klonte opgelos het. Klits eierwitte styf en vou versigtig in beslag in. Jy kan die plaatkoekies net een-een bak, want met die sjokolade in die middel is dit moeilik om om te draai. Smelt ’n stukkie botter in ’n groot pan. Skep ’n grootlepel beslag in middel van pan. Wanneer borrels in beslag begin vorm, plaas jy ’n gevriesde sjokoladesirkel in die middelvan die plaatkoekie. (Hou die ander sjokoladesirkels in die vrieskas – haal uit soos benodig.) Skep nog beslag bo-op sirkel in pan en laat braai nog’n paar sekondes voor jy dit versigtig omkeer. Braai so 30 sekondes en haal dan versigtig uit. Hou eenkant warm terwyl die res braai. Net voor jy dit voorsit, - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie