Skaam en wild
The Poject Room bied eersdaags Anne Lacheiner-Kuhn se Shy Wild-uitstalling aan.
DIE KUNSTENAAR
Anne Lacheiner-Kuhn, die Namibies gebore kunstenaar, wat tans in Londen woon, maak van haar voorvaderlike tweeledigheid gebruik deur dit met ou familiefoto's en uittreksels uit hedendaagse tydskrifte te kombineer.
Sodoende skep sy werke wat oud én nuut vaslê.
Só lewer sy skerp kommentaar op identiteit, seksualiteit en herinneringe.
Lacheiner-Kuhn het al wêreldwyd, van die VSA tot in Suid-Afrika, en onlangs ook by die Londen's Other Art Fair uitgestal.
DIE UITSTALLING
Met dié uitstalling ondersoek Lacheiner-Kuhn die verhouding tussen mens en natuur.
Wild diere word van hul natuurlike habitat in mitiese wesens omskep en word as onskadelike “troeteldiere” hanteer.
Die impak van dié idee word in Lacheiner-Kuhn se werke ondersoek.
Sy verken ook die impak wat sosiale media op die natuur het, en die impak van beide op die mens se algehele welstand.
Lacheiner-Kuhn sal tydens die uitstalling 'n versameling oorspronklike collages ten toon stel, asook 'n klein reeks afdrukke van oorspronklike werke.
Die uitstalling open vandag om 18:00 by The Project Room, Jennerstraat 32, Windhoek-Wes.
Dit duur tot 9 Maart.
Vir meer inligting, kontak Frieda Lühl by [email protected] of 081 7513026

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie