Skaapbedryf druk hersetknoppie
Terwyl die sluiting van die laaste skaap-uitvoerabattoir nog gevoel gaan word, meen kenners die skaapbedryf sal vanaf die einde van die jaar herstel begin toon.
Elvira Hattingh – Die sluiting van die laaste skaapuitvoer-abattoir op Aranos op 1 Julie terwyl die skaapbedryf na verwagting sy kop gaan optel, skep oor die lang termyn ‘n krisis.
Tog kan die terugslag ook help met ‘n skoon begin.
“Dit is amper soos om ‘n ‘reset’-knoppie te druk. Kom ons begin van voor af en ons doen dit reg,” het mnr. Jako van Wyk, ondervoorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) aan Republikein gesê.
Dit volg nadat Namibia Natural Meat Producers nie langer kop bo water kon hou nie omdat die deurset van slagskape eenvoudig net te min is om die abattoir lonend te maak, het mnr. Paul Strydom, algemene bestuurder by die Vleisraad van Namibië, aan die koerant gesê.
Hy het bygevoeg dat produsente nog in ‘n kuddeherbouingsfase ná die droogte is.
Strydom sê hy verwag dat die skaapbedryf egter sal herstel en stelselmatig sy kop gaan oplig – vanaf die einde van die jaar en begin volgende jaar.
“Weens die tekort aan skaap- en lamsvleis in die Suid-Afrikaanse mark, is skaapprodusentepryse stewig en bied dit ‘n gunstige geleentheid waaruit produsente kan voordeel trek.
“Die skaapbedryf moet egter genoegsame tyd gegee word om te herstel,” het Strydom benadruk.
Hy sê tans word beskikbare bemarkbare skape deur plaaslike abattoirs vir die Namibiese mark aangekoop en geslag, terwyl ‘n gedeelte na abattoirs in die Noord-Kaap vir verslagting uitgevoer word.
“Sodra die skaapbedryf herstel het, sal van die skaapuitvoerabattoirs weer begin slag en die uitvoermark bedien,” het hy gesê.
IMPAK
Van Wyk sê in die kort termyn het die Aranos-abattoir se sluiting nie ‘n groot impak op die plaaslike skaapbedryf nie, vanweë ‘n tekort aan aanbod en omdat skaapgetalle tans baie laag is.
“Dit het definitief ‘n impak op die plaaslike ekonomie, dit lei tot groot werksverliese en die plattelandse ekonomie word ook geraak,” het hy gesê.
“Oor die lang termyn skep dit ‘n krisis. Ons is vol vertroue as ons twee of drie goeie reënseisoene kan hê, die bedryf sal kan herstel tot sy glorietye van vroeër waar ons meer as ‘n miljoen lammers per jaar kon produseer. Dan het ons beslis ‘n uitvoerabattoir nodig,” het hy gesê.
Hy het verwys na Farmers Meat Market van Hartlief. “Hulle standpunt is dat as hul slagplaas nie binne ‘n vryemarkstelsel ‘n bestaan kan maak nie, het dit nie bestaansreg nie.
“Dit behoort die beginsel te wees, as ons iets nie ekonomies kan onderhou nie, behoort dit nie bestaansreg te hê nie,” het hy gesê.
TOEKOMS
Oor die toekoms sê Van Wyk hulle wil hê die huidige status quo, wat beteken skaapboere kan uitvoer en die beste pryse vir hul produk betaal word, moet onderhou word.
“Die kleinveebemarkingskema is op ys geplaas, maar dit is steeds nie geskrap nie. Ons sal graag wil sien dat dit in geheel geskrap word en nie langer soos ‘n swaard oor ons koppe hang nie, sodat ons beleidsekerheid kan kry.”
Hy sê daar is beslis ook meer lonende markte as Suid-Afrika in die wêreld wat ontgin moet word en dit ‘n groot risiko is om só afhanklik van die buurland te wees. Hy sê die LPO ondersoek tans markte in eerste wêreldlande waar buitelandse valuta moontlik verdien kan word.
Van Wyk sê die enigste werkbare stelsel vir ‘n suksesvole skaapbedryf is een waar die vryemarkstelsel wat die standaarde stel. “Buiten vir beskerming van die bedryf terwyl dit moet herstel, moet die regering nie in die verskaffingsketting inmeng nie,” het hy gesê.
Hy sê enige “inmenging” behoort slegs te wees om die primêre produsent te stimuleer om produksie te verbeter. “Die bedryf kan slegs herstel as die prys vir ’n produsent se produk optimaal is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie