Skaars walvis een van agt wat uitspoel

Tanja Bause
Tanja Bause – Sedert Vrydag het twee boggelrugwalvisse en een suidelike noordkaperwalvis tussen Swakopmund en Hentiesbaai op die strand uitgespoel.

Die eerste boggelrugwalvis het Vrydag op Langstrand en die tweede een Sondag by Hentiesbaai uitgespoel, en 'n suidelike noordkaperwalvis Dinsdag by die Soutpanne op Swakopmund.

Volgens dr. Simon Elwen van The Namibian Dolphin Project (NDP) het agt boggelrugwalvisse reeds uitgespoel sedert hul jaarlikse noordelike migrasie in Junie begin het.

“Dit is die walvisse waarvan ek weet. Die eerste walvis het nog gelewe en het by Sandvishawe uitgespoel. Lede van die nasionale weermag (NDP) en Ocean Conservation Namibia (OCN) kon hom terug in die see help en hom red. Die sewe gestrande boggelrugwalvisse en nou die een suidelike noordkaperwalvis het almal tussen Sandvishawe en net noord van Hentiesbaai uitgespoel.

“Die suidelike noordkaperwalvis is baie skaars omdat hulle nie gereeld tot by Walvisbaai swem nie. Dit gebeur so een of twee keer 'n jaar wat ironies is omdat dit histories die walvisse van Walvisbaai was,” het Elwen gesê.

Die bevolking van die boggelrugwalvis vanaf die kus van westelike Afrika is baie groot met 'n geskatte 10 000 diere.

“Ons verwag 'n aantal natuurlike sterftes elke jaar en die gevalle in Augustus en September lyk asof dit honger diere was wat suidwaarts swem terug na voedingsplekke in die suidelike Oseaan. Dit beteken hulle het nie die afgelope maande behoorlik en genoeg gevreet nie.”

In Brasilië het vanjaar reeds 131 boggelrugwalvisse gestrand. Dit is die hoogste aantal van die walvisse wat nóg op die strande van dié land uitgespoel het. Vier jaar gelede het 122 gestrand.

“Dit was 'n vreemde jaar vir walvisse oraloor die wêreld en min van hulle is in Mosambiek se waters gesien. Brasilië het 'n rekord aantal strandings gehad. Ek dink die sterk La Nina wat die beskikbaarheid van voedsel in die suidelike Oseaan beïnvloed, is die oorsaak van die patrone.” - [email protected]

FOTO's
Die boggelrug-walvis het Sondag net noord van Hentiesbaai uitgespoel. Foto verskaf

’n Baie skaars suidelike noordkaper-walvis het Dinsdag by die soutpanne in Swakopmund uitgespoel. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!