Skaars whiskey kan miljoene dollars lok op veiling
’n Versameling skaars whiskey gaan waarskynlik miljoene dollars vir sy voormalige eienaar se weduwee verdien.
Richard Gooding, ’n Amerikaanse sakeman en filantroop, se versameling whiskey wat hy oor twee dekades opgebou het, word in Februarie en April deur die Britse afslaerwebwerf Whisky Auctioneer opgeveil.
Van die bottels whiskey is so skaars daar word verwag dat ’n enkele bottel soveel as $2 miljoen kan haal.
Gooding, wat in 2014 op die ouderdom van 67 dood is, het 3 900 bottels whiskey in sy versameling gehad.
Dit sal dan ook die grootste private versameling wees wat opgeveil gaan word.
Versamelaars huiwer nie om buitensporige pryse vir whiskey te betaal nie.
Sotheby’s het in Oktober ’n skaars 1926 Macallan 60 jaar oue bottel wat aan ’n ander versamelaar behoort het, vir $1,9 miljoen verkoop.
Dié bottel word as die heilige graal van whiskeys beskou.
Daar is twee van dié bottels in Gooding se versameling.
Boonop het een van die bottels ’n etiket op wat deur die Italiaanse skilder Valerio Adami geskilder is.
Daar is net 12 bottels wat ooit só ’n etiket gekry het.
Een van die 12 is in 2011 in tydens ’n aardbewing in Japan vernietig.
Die veiling, waar kenners ook op bottels wat deur Dallas Dhu, Bowmore en Springbank, kan bie, gaan na verwagting sowat $8 miljoen vir Nancy Gooding, die weduwee, verdien.
Sy sê dit was haar man se lewensdroom om ’n bottel whiskey van elke distilleerdery in die wêreld te hê.
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie