Skaarsmetaalmyn beplan
Die ministerie van myne en energie is genader om die nuwe oopgroefmyn se ontwikkeling goed te keur.
Augetto Graig - Namibië kan moontlik die enigste ander bron van skaarsmetale ter wêreld word, buiten China, as drome vir die land se eerste skaarsmetaalmyn realiseer.
Namibia Rare Earths het ’n aansoek om ’n mynboulisensie by die ministerie van myne en energie ingedien en wag vir hul besluit.
Die aansoek is al in 2016 ingedien ná omgewingsimpakstudies en tegniese verslae voltooi is.
Die beplande myn sal op Lofdal naby Khorixas opgerig word.
Mnr. Don Burton, president van Namibia Rare Earths, sê die skaarsmetaal xenotiem is al tussen 2000 en 2005 in die Lofdal-omgewing gevind voor Etruscan Resources die omgewing deurgesoek het op soek na koper en goud.
Burton het gesê in 2008 het die direktoraat van geologiese opnames (GSN) die soektog verander na skaarsmetale en voor 2010 is die hele gebied deeglik deurgesoek en gekarteer.
Ná Namibia Rare Earths in 2010 die projek oorgeneem het, is meer as N$200 miljoen al bestee aan boorwerk, geologiese kartering, geofisiese en geochemiese opnames, navorsing, metallurgiese studies, omgewingsmonitering en OIE- en ML-aansoeke.
Nou is dit net ’n kwessie van tyd om te sien of die ministerie die beraamde planne die groen lig gee.
Die oopgroefmyn sal fokus op ’n 6 ton xenotiem-bron wat al in 2012 ontdek is.
Die mynbou-operasie sal tot 2 500 ton grond per dag verskuif en verskeie prosesse uitvoer om 'n mineraalkonsentraat te produseer.
“Daar is 'n unieke aspek aan die verwerking, 'n proses genaamd X-Ray Transmissie (XRT) om die afvalvolume van gemynde materiaal en ook koste te verminder,” sê Burton.
Afgesien van die kamp wat by die mynperseel opgerig sal word, beplan die maatskappy behuising vir mynwerkers op Khorixas.
Daar word beoog om elektrisiteit en watertoevoer van Khorixas af na Lofdal aan te lê, en ’n sonkragstasie vir die nuwe myn.
Burton skat dit sal N$2 miljard kos om die myn op die been te kry, waarna dit aanvanklik vir sewe jaar operasioneel sal wees.
“Die potensiaal bestaan om myn se leeftyd te verleng na 12 tot 15 jaar deur dieper as die 200 meter te boor en deur omliggende afsettings te ontgin,” sê hy.
“Een van die uitdagings in die ontwikkeling van 'n skaarsmetaalprojek is die klein eindgebruikermark en die feit dat baie daarvan deur China beheer word. Die gebruik van skaarsmetale is uiters gespesialiseerd en gefokus op hipertegnologiese produkte soos rekenaars, vertoonskerms, slimfone, elektriese motors, windkrag, verdediging en die ruimtebedryf.
"Die beheer wat China het, veral oor skaarsmetale, wat Lofdal se belangrikste produk is, bied Namibië ’n unieke geleentheid. As ons 'n skaarsmetaalbron buite China kan ontwikkel, kan daar geleenthede wees om verder stroomaf in Namibië verwerkings te doen. Dit is 'n langtermyndoelwit,” sê Burton.
“China is die grootste verbruiker van skaarsmetale, maar uiteindelik is die eindgebruikers wêreldwyd. Dink aan name soos Toyota, Hitachi, Mercedes-Benz, Boeing, Microsoft, Apple en Seagate,” sê hy.
As internasionale skaarsmetaalpryse versterk, soos wat vir vanjaar en vir 2018 verwag word, en die ministerie gee hul goedkeuring, kan genoeg beleggings om mynbouproduksie tussen 2019 en 2020 te begin, gekry word, het Burton gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie