Skakel weiding doeltreffend om in vleis
Dit is belangrik dat boere hul produksie per hektaar bepaal en weet wat hul boerderywins is, sê die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO). Daarom word hulle aangemoedig om deel te neem aan die AgriStat-program.
Elke lewendehaweprodusent moet weet hoe doeltreffend die weiding op sy/haar plaas omgeskakel word in vleis. Die hoofdoelwit wat almal moet nastreef is om die punt te bereik waar lewendehaweproduksie maksimaal is terwyl die weiveldproduktiwiteit op die lang termyn verbeter.
Só sê die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) in sy jaarverslag waarin hy produsente uitnooi om aan die AgriStat-program deel te neem.
Dié organisasie het tydens sy kongres op 10 Oktober in Windhoek gesê die AgriStat-program is vanjaar jaar verder vereenvoudig om hoofsaaklik die volgende twee faktore te meet:
Doeltreffendheid van lewendehaweproduksie
Bepaal wat is die gemiddelde bestokking vir die afgelope jaar, wat is die produksie in lewende gewig per hektaar en bepaal die produksie persentasie. Laasgenoemde is ’n aanduiding van hoe doeltreffend weiding deur die kudde na verkoopbare vleis omgeskakel is.
Bepaling van totale boerderywins
Produsente het nou ’n keuse of hulle slegs wil deelneem aan die bepaling van hul boerdery se produksie per hektaar, of bykomend wil deel uitmaak van die bepaling van boerderywins. Indien produsente slegs aan die eerste gedeelte deelneem (bepaling van produksie per hektaar), hoef geen finansiële syfers beskikbaar gestel te word nie.
Die formule om produksie per hektaar te bereken, is as volg:
Totale geskatte kuddegewig aan einde van die jaar
Minus Totale geskatte kuddegewig aan begin van die jaar
Plus Kg lewende gewig verkoop gedurende die jaar
Minus Kg lewende gewig aangekoop gedurende die jaar
Indien ’n produsent besluit om deel te neem, word sy individuele produksie en winsgewendheid ontleed en vergelyk met produksiesyfers van mede-deelnemers. Sodoende kan die deelnemer bepaal hoe doeltreffend sy eie boerdery is in vergelyking met werklik gerealiseerde syfers van mede-deelnemers. Lede word uitgenooi om van hierdie diens gebruik te maak en kan die NLU-kantoor kontak vir meer inligting hieroor.
Bestaande studiegroepe wat hierdie syfers al vir dekades bereken en vergelyk tussen hul lede, het ’n groot rol gespeel om hierdie vraelyste te vereenvoudig ten einde so min moontlik tyd van deelnemers in beslag te neem, sê die LPO.
PRODUKSIEKOSTE-INDEKS
Die LPO sê ook in sy jaarverslag die afgelope 12 maande se gebeure het gelei tot groot skommelinge in landbou-inflasie sowel as die produsentepryse vir skape en beeste.
Hierdie gebeure sluit in die beter reënval wat aangeteken is in beide Namibië en Suid-Afrika sowel as die skommelinge in die wisselkoers wat veroorsaak is deur die politieke onstabiliteit in Suid-Afrika.
Aangesien Namibië baie van sy landbou-insette invoer van Suid Afrika, wat op sy beurt van sy produkte uit die buiteland invoer, speel die wisselkoers ’n belangrike rol in die prys van verskeie landbou-insette. Dit sal uiteraard landbou-inflasie beïnvloed.
Die wisselkoers is ook van besondere belang vir die beesprodusenteprys aangesien Meatco ’n groot persentasie van sy vleis uitvoer na die buiteland. Die beter reënval wat in beide Namibië en Suid-Afrika aangeteken is, beïnvloed ook landbou-inflasie sowel as produsentepryse aangesien lek- en voerpryse sterk gedaal het oor die afgelope maande, terwyl die beter weiding en tekort aan beeste gelei het tot ’n styging in produsentepryse in die eerste kwartaal van 2017, sê die LPO.
Hoewel die bees- sowel as skaapbedryf in Namibië lank steeds gebuk gaan onder ’n kosteknyptang, was daar in die eerste kwartaal van 2016 ’n verligting in terme van die produksiekoste-indeks aangesien landbou-inflasie sedert die tweede kwartaal van 2016 redelik sterk gedaal het, terwyl bees- en skaapinkomste skerp gestyg het.
Die daling in die jaarlikse landbou-inflasie van 7,09% in die vierde kwartaal van 2016 tot 3,83% in die eerste kwartaal van 2017, is aangevuur deur die versterking in die rand sowel as die skerp daling in die prys van lekke en veevoere.
Die styging in die bees- en skaapinkomste is gedryf deur die beter reënval wat ervaar is in beide Namibië en Suid-Afrika, wat die vraag na lewendehawe verhoog.
Dit is veral die beesbedryf wat reeds lank ’n moeilike tyd leef. Die kleinveebedryf aan die ander kant het ’n meer bestendige tendens getoon oor die afgelope 11 jaar wat die LPO die produksiekoste-indeks meet, met inkomste wat byna teen dieselfde tempo gestyg het as die dienooreenkomstige uitgawes.
Gemeet vanaf die basisjaar van 2006 (1ste kwartaal 2006 = 100), het beesinkomste verhoog tot 168,47 basispunte in die eerste kwartaal van 2017, terwyl die totale uitgawes verhoog het tot 263,97 basispunte oor dieselfde tydperk.
Skaapinkomste het baie beter gevaar en geeïndig met ’n meer aanvaarbare 258,85 basispunte in die eerste kwartaal van 2017. Skaapinkomste het daarom verhoog met 158,85% oor die afgelope 11 jaar, terwyl beesinkomste oor dieselfde tydperk met slegs 68,47% gestyg het.
Die verhoging in beesinkomste bestaan uit ’n geweegde verhoging van 124,94% in die gemiddelde slagprys, sowel as ’n 50,51% verhoging in die speenkalfprys.
Die hoë afwyking van inset- en uitsetpryse in die grootveebedryf oor die afgelope 11 jaar, het gelei tot ’n gemiddelde jaarlikse kosteknyptang van 8,68% vanaf die eerste kwartaal van 2006 tot die eerste kwartaal van 2017. Die skaapbedryf aan die ander kant, het ’n meer hanteerbare 2,33% oor dieselfde tydperk getoon, sê die LPO.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie