Skamele fees in Kersfees
Van oordadigheid is daar dié feestyd nie sprake nie; Namibiërs sal hul reeds min sente mooi moet omdraai.
Jo-Maré Duddy – Om dié K(n)ersfees ‘n skaaptjoppie, wors en ‘n aartappel op die kole te gooi en ‘n goue koue oop te knak, gaan jou minstens 7% méér as verlede jaar kos.
Platsak Namibiërs sal beswaarlik hul sorge van ‘n Kerskous sonder ‘n bonus kan wegdrink, wys Simonis Storm (SS) se sompompie.
Gegrond op die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se November-data, kos wit drank soos vodka en jenewer amper 12% méér as verbruikers se eerste Covid-Kersfees, brandewyn is 4% duurder en bier skop jou sak met 2,3% meer. Nuwejaar sal waarskynlik ‘n droë affêre wees met dié dat vonkelwyn se prys met bykans 4% gestyg het.
Voorspoed in 2022 gaan nie skemerkelkies insluit nie. SS se nugtere ontleding waarsku doppryse gaan nog ‘n hele ruk hoog bly omdat Suid-Afrika ‘n tekort aan glasbottels ondervind.
Diegene wat Jan en San Tuisbly se karretjie vrygespring het, sal diep sakke moet hê. SS se gemiddelde reismandjie toon dit gaan jou 12,3% meer kos om in Namibië vakansie te hou as ‘n jaar gelede.
Petrol is nou byna 38% duurder as verlede Desember en diesel kos 37% meer. Petrol Swakopmund en terug Windhoek toe kos nou gemiddeld N$446 vergeleke N$323 verlede Kersfees.
Kampplek is 13% duurder. Verlede jaar was dit gemiddeld N$220 per persoon per nag. Nou is die gemiddelde tarief N$246 per persoon per nag.
‘n Standaardkamer by ‘n lodge in Namibië was verlede jaar gemiddeld N$1 762 per persoon per nag. Dieselfde kamer is nou 5% duurder: N$1 843 per persoon per nag.
‘n Wildkyktrippie gaan jou sak 21% harder ruk. Verlede jaar was die gemiddelde prys N$633 per persoon teenoor N$764 tans.
SS sê hoewel inflasie prysstygings aangevuur het, is daar ook ‘n ander rede vir duurder lodges en kamppeerplekke. Die vuisvoos toerismebedryf met hul normale bedryfskoste dek, maar het weens die pandemie veel minder toeriste.
OORKANT DIE WATERS
Diegene wie se begroting ‘n vakansie suid van die Oranje toelaat, gaan 100% meer moet opdok om hul Namibiese paspoorte te hernu. Die prys hiervan het van N$200 tot N$400 gestyg.
Die koste van ‘n PCR-Covid-toets het darem gedaal. Dié is nou N$790 per toets vergeleke N$850 ‘n jaar gelede. Pensioenarisse hoef nou net N$700 per toets te betaal.
Om Kaapstad toe en terug te ry, gaan gemiddeld N$1 813 kos as jou kar petrol sluk. Dis amper N$500 meer as verlede jaar. Daarenteen is ‘n retoervliegtuigkaartjie na die Kaap van Storms net drie present duurder: Gemiddeld N$4 250 teenoor N$4 133 verlede Desember.
Diegene met dik beursies wat ‘n Europese vakansie kan bekostig, moet 33% meer vir ‘n Schengen-visum betaal. Dié prys het van 60 tot 80 euro gestyg. Teen die heersende wisselkoers kos ‘n Schengen-visum nou N$1 425.
Die prys van ‘n retoerkaartjie van Windhoek na Frankfurt het met sowat N$1 000 gestyg – van gemiddeld N$10 000 tot N$11 000.
‘n Oorsese vakansie kos nou gemiddeld 10% meer as verlede Kersfees, sê SS.
FOTO
Die prys van ‘n retoerkaartjie van Windhoek na Frankfurt het sedert verlede Desember met gemiddeld 10% gestyg. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie