u2018Skareu2019 finansier EES se nuwe album
u2018Skareu2019 finansier EES se nuwe album

‘Skare’ finansier EES se nuwe album

Die kunstenaar sê sy platemaatskappy het hom die steek gelaat.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die Namibiese musikant EES (Eric Sell) se beroep op finansiering vir sy nuwe album en fliek, Game Changer, het binne dae vrugte afgewerp.

Dit nadat ’n bekende platemaatskappy in Duitsland hom in die steek gelaat het.

Die kwaito-ster, wat mense wêreldwyd en veral in Europa jare lank met sy bekende Afro-ritme vermaak, het in 2018 saam met sy groep Yes-Ja! die Duitse X-Factor gewen.

“Dit het my aangespoor om Game Changer te maak. Ek het vier top- Duitse vervaardigers en ’n rolprentmaker Namibië toe genooi. Ons het die hele kreatiewe proses in die middel van die woestyn en natuurlewe opgeneem en verfilm,” het hy gesê.

“Dit is met die terugkeer Duitsland toe dat die platemaatskappy met wie ek ’n ooreenkoms gehad het, my in die steek gelaat en ingelig het hulle gaan nie die album vervaardig nie. Ander platemaatskappye wat nog nooit eens na my demo-album geluister het nie, het ook nie belang gestel nie. Dus het ek besluit om die album deur middel van skarefinansiering uit te gee.”

Dit sal dit vir EES moontlik maak om sy 14de ateljee-album en 80 minute lange fliek te kan uitreik.

“Ek sit al my kennis in die maak van die album, wat ek dink my beste tot nog toe is. Maar ek kan dit nie alleen doen nie. Ek vra jul hulp om deel te word van dié oomblik in tyd sodat ons die musiekindustrie kan wys dat musiek uit die siel van onskatbare waarde is.”

Tien dae nadat EES dié beroep in die sosiale media gemaak het, het hy 90% van die totale kostes vir die vervaardiging van die album en fliek ingesamel.

“Mense vanuit die hele Europa en selfs Namibië ondersteun die projek. Die skakel vir diegene wat wil help, is www.eesy-ees.com/crowdfunding.”

Die album sal in April volgende jaar en die fliek in Januarie 2020 uitgereik word.

“Ek is baie dankbaar vir 'n ieder en elk wat my ondersteun en help sodat ek die album en fliek kan maak. Ek het vinnig besef sonder die nodige finansiering sal hierdie meesterstuk van verweefde kultuurklanke tussen Europa en Afrika nie vrygestel kan word nie. Ook sal die positiewe dansmusiek van Afrika nie die gehoor bereik wat dit verdien nie. So, baie dankie aan almal.”

“Alle geld uit digitale verkope van die album in die eerste jaar sal ek aan verskeie renosterbewaringsorganisasies skenk. Dit is my manier om terug te gee en dankie te sê,” het EES gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!