Skatryk pastore met blink mousters
Skatryk pastore met blink mousters

Skatryk pastore met blink mousters

Dani Booysen
Ontnugterde Kerkganger skryf:

Hiermee wil ek my persoonlike ondervinding by ‘n kerk, glo die “rykste” op hierdie dorpie, gebruik om mense te waarsku teen geldwolwe wat volgens my hulself in die togas en mantels van “heilige” dominees en pastore verskuil.

Die pastoor ry 'n uitspattige duur motor, buiten vir baie ander bykomende aktiwiteite.

Ek het die kerk so 19 maande gelede begin besoek ná 'n vriendin my saam genooi het na 'n diens. Ek het deur 'n baie moeilike tyd gegaan in my persoonlike lewe en was desperaat op soek na antwoorde en vrede.

Ek was skepties, maar my vriendin het my oortuig met die getuienis oor hoe Jesus haar lewe verander het.

Die ontvangs by die deur was warm, en die boodskap het my hoop gegee. Ek wou nader aan Jesus wees.

Maar dit het my gepla dat daar so baie klem gelê word op geld.

GELD, GELD, GELD. . .

Ek het die kerk gereeld begin besoek en selfs oorweeg om aan te sluit by die gemeente. Dit het egter vir my al hoe duideliker geword dat die hoof en selfs ander leiers van die kerk heeltemal geldbehep is. Volgens my het hulle die kuns vervolmaak om subtiele manipulasie te gebruik om die gemeente sover te kry om hulle beursies te skud.

Dit is verstommend om te sien hoe redelike intelligente mense geld gee vir die “uitbreiding van die koninkryk”, maar eintlik die kerkleier en ander se gedyende leefstyle finansier.

Niemand vra hoe die geld gebruik word nie. Daar is geen deursugtigheid nie.

‘n Paar mense is nie gemaklik met hoe dinge gedoen word nie, maar verdedig terselfdertyd die pastoor met Bybelse verwysings.

Die kerkleier bly ook in 'n spoggerige huis, reis gereeld oorsee en ontvang en onthaal gedurig internasionale gaste.

Intussen is daar baie arm en werklose mense in die kerk wat selfs hulle laaste sente skenk. Hoekom?

Die kerk is die aanvoerder daarvan se koninkryk en hy regeer alleen? Buitestaanders sê die gemeente aanbid die pastoor. Nee, ek dink hulle verafgod hom.

Werknemers se lone is skandalig min.

DIKTATORIALE KULTUS

Hierdie “Godsman” is nie skaam om ander kerkleiers en Christene, wat glo onbybels doktrines aanhang en afgode dien, as “skynheilig” te beskryf nie. Sy eie skynheiligheid regverdig hy met Bybelverse.

My ervaring was dié van 'n tipiese Afrika-diktator. Niemand, maar niemand, mag besluite bevraagteken nie en geldsake word onder 'n “heilige” kombers bedek.

Ek sal baie graag die fabelagtige ouditeursverslag wil sien omdat ek ook ruim tot die “uitbreiding van die koninkryk” bygedra het.

Hoekom moet ek geld skenk vir ‘n verjaardaggeskenk vir die pastoor?

Na my mening is hierdie kerk verrot tot in sy wortel en het geld leiers in die gemeente so verblind dat hulle nie sien wat regtig aan die gang is nie. Ek het nie werklike empatie vir die armes, werkloses en weduwees beleef nie, óf ooit ‘n versoek gehoor om vir hulle geld by te dra nie.

Hoe regverdig 'n mens dat geld wat ‘n gemeente skenk, gebruik word om goud en silwer na te jaag, maar mense vergaan van ellende en armoede voor jou oë?

Waar pas Jesus in?

Ek kan nie help om te wonder nie hoe dit moontlik is dat mense wat hulself Christene noem so behep kan wees met aardse goed en plesier.

Dit is regtig hartseer om te sien hoe goedgelowige mense mislei word.

Is só’n kerk eerder ‘n kultus?

Gemene woorde oor persoonlike swakhede en grappe oor mense se voorkoms hoort volgens my nie in die mond van ‘n dienaar van die Allerhoogste nie.

Die rede hoekom ek hierdie brief skryf, is om ander te waarsku. Ek het geld gegee en sal seker nooit weet hoe dit regtig gespandeer is nie. Moenie in dieselfde strik as ek trap nie.

Ek is egter gelukkig, want ek het betyds weggestap voor ek nog duisende dollar kon verloor.

Wees gewaarsku teen narcissiste wat hul gierigheid en skynheiligheid met die Bybel regverdig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!