Skedelkuspark word ‘n waterpark

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - In ’n geskiedkundige hoogtepunt van die reënseisoen het al sewe die riviere suid van die Kunenerivier wat deur die Skedelkus Nasionale Park vloei en in die Atlantiese Oseaan uitmond, die see verlede week bereik.

Dié riviere is die Khumib, Hoarusib, Hoanib, Unjab, Koigab, Huab en die Ugab.

Die Kunenerivier se vlak styg die afgelope dae ook merkbaar. Joernalis Tanja Bause wat saam met vriende ’n toer van Wild Skeleton Coast Adventure Tours meegemaak en by die monding van die Kunenerivier gaan visvang het, sê dit het elke dag dieper en sterker gevloei.

Op hulle terugpad al langs die Skedelkus af na Hentiesbaai, moes hulle ure lank voor die Hoarusibrivier wag dat dit afloop voordat hulle kon deurry. Sy sê van die mans in die toergeselskap het eers deurgeloop en toe beduie hoe die voertuie moet ry om veilig die ander oewer te bereik.

“Die Hoanibrivier het klomp klein sytakke op pad see toe gemaak. Een van die sytakke het die pad tussen Terracebaai en Möwebaai erg verspoel,” sê sy.

Die toerleier, mnr. Johan Burger, sê die Hoanibrivier het sowat 15 jaar gelede laas die see bereik. “Al die rivier loop. Dit is baie spesiaal; ’n ou sien dit nooit nie. Hier is verskriklik baie water in die woestyn. Dit is baie mooi om te sien,” het hy in ’n video-onderhoud gesê.

Die Ugab-hek in die Skedelkus Nasionale Park in was vir ’n tyd gesluit toe die Ugabrivier in die see geloop het, maar is intussen weer vir voertuie wat daarlangs beweeg.

Binneland toe is die pad tussen Uis en Khorixas een van talle wat verlede week deur die Paaieowerheid vir verkeer gesluit is. Dié gedeeltelik vanaf die brug oor die Ugabrivier tot by Khorixas is steeds gesluit, aangesien die water die pad by die brugoorgang weggekalwe het.

Die organisasie Elephant Human Relations Aid (EHRA) het die naweek foto’s op Facebook geplaas van die voerwoestende skade aan hul basiskamp sowat 50 km vanaf Uis.

“Dit is ‘n absolute nagmerrie. ‘n Vloed het EHRA se basiskamp uitgewis. Ons is uiters geskok,” sê die organisasie in sy plasing.

’n Voertuig en sleepwa is 300 m ver deur die vloedwater meegesleur toe die pad in ’n rivier verander het, en is tot by die stuurwiel onder die modder begrawe, sê EHRA. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A