Skedonke sit voet in die hoek teen kanker
Tanja Bause
Die tweede Rough & Tough Rally het gister uit Windhoek vertrek.
Kort voor hul vertrek het die organiseerders van die geleentheid N$460 000 aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) oorhandig.
Volgens mnr. Philipie Baard, een van die organiseerders, is N$183 000 verlede jaar ten bate van CAN ingesamel.
“Gegewe die huidige ekonomiese omstandighede het ons gehoop om vanjaar 'n bietjie meer vir CAN in te samel, maar dié bedrag het ons wildste verwagtinge oorskry,” het Baard gesê.
Vanjaar neem 39 ou karre, 20 ondersteuningsvoertuie en 120 mense aan die wedren deel.
Verlede jaar het 28 ou voertuie en 97 mense aan die geleentheid deelgeneem.
Deelnemende voertuie is voor 1990 vervaardig en nie meer as N$35 000 werd nie.
Gisteraand sou deelnemers op Omaruru oornag.
Daarná volg die roete die Ugabrivier en sluit Saterdag op Uis af.
Deelnemers sal altesaam sowat 600 km in hul ou karre aflê.
“Die drie dae lange wedren gaan nie oor spoed of tyd nie. Die idee is om in een stuk by die volgende punt uit te kom met so min as moontlik probleme, en om pret te hê. Verskeie pretaktiwiteite is vir langs die pad beplan en elke aand vermaak 'n kunstenaar deelnemers met musiek.”
Elke deelnemer moet minstens N$3 000 vir CAN probeer insamel.
Hoewel dit mnre. Wayne Schroeder en Kai Grebel van Omaruru se eerste keer is om aan die wedren deel te neem, het hulle meer as N$100 000 ingesamel.
“Ons het al twee in die laaste paar jaar mense aan kanker verloor en besluit ons moet ons deel doen om geld vir CAN in te samel,” het hulle gesê.
Dit is mnre. Basil Calitz en Koos du Toit se tweede wedren.
“Kanker is aan die toeneem en CAN bly 'n kritiek belangrike organisasie om mense te help en te ondersteun.
Ons is baie bly ons kon deel van die fondsinsameling wees,” het Du Toit gesê.
“Dis nie net vir 'n baie goeie doel nie, dis ongelooflik baie pret ook,” het Calitz gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie