Skelm eiendomsagente se dae getel
Kopers is onbewus van allerlei aansporingsmiddels.
Catherine Sasman
Die Namibiese Raad van Eiendomsagente (NEAB) het met ''n veldtog begin om individue en maatskappye te vervolg wat sonder die nodige getrouheidsfondssertifikaat die funksies van ''n eiendomsagentskap uitvoer.
Die NEAB het in Maart met sy ondersoek na skelm agentskappe begin, met 39 skuldiges reeds geïdentifiseer en 22 strafregtelike klagte wat by die eenheid vir kommersiële misdaad van die Namibiese polisie ingedien is.
Dit word vermoed meer as 100 ongeregistreerde entiteite bemark hulself veral op sosiale media, maar ook in die gedrukte media in kleinadvertensies. Ander gebruik oënskynlik wettige webblaaie om kliënte te lok.
“Ons sê nie almal wat op Facebook adverteer, beskik nie oor ''n getrouheidsfondssertifikaat nie. Enigiemand kan op Facebook adverteer, maar dan moet jy behoorlik geregistreer wees. Die publiek weet eenvoudig nie van beter nie,” het mnr. Eben de Klerk gesê wat tans op ''n konsultasiebasis vir die NEAB werk.
Hy voeg by: “Die onetiese gedrag van ongeregistreerde agente veroorsaak onetiese gedrag in die bedryf en plaas die hele ekonomie in gedrang.”
Die eiendomsbedryf dra sowat 8% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by, wat drie tot vier keer meer is as wat die landbousektor bydra.
Baie van dié skelms erken hulle is nie eiendomsagente nie, maar tree as “middelmanne” op wat kopers of verkopers “net help” of “kopers met verkopers verbind”. Ander gebruik titels soos “eiendomsmakelaars”.
Daar is gevalle waar onwettige operateurs eiendomme adverteer as “deur die eienaars te koop”, maar dan steeds kommissie op die niksvermoedende publiek hef.
Dié skelmstreke is egter maklik identifiseerbaar omdat hulle net die absolute minimum inligting, soos ''n selfoonnommer, in advertensies verskaf.
Volgens wet is eiendomsagente verplig om die maatskappy se naam en hul eie te verskaf wanneer hulle eiendomme adverteer. Wanneer hulle hulself aan kliënte voorstel, moet hulle ''n identiteitskaart met die NEAB se naam daarop voorsien.
“As jy in ''n eiendom belang stel, maak seker die eiendomsagent is geregistreer. Sou jy twyfel, kontak die NEAB,” het me. Annelie Aerla, ''n voormalige raadslid en konsultant, gesê.
Volgens die Wet op Eiendomsagente van 1976 is ''n eiendomsagent ''n persoon wat vir gewin op sy of haar eie rekening of in vennootskap, direk of indirek adverteer dat hy of sy, in opdrag van of namens ''n ander persoon, ''n vaste eiendom verkoop of koop, vaste eiendom huur of verhuur, enige gelde betaalbaar ontvang, of só ''n diens lewer.
Gedurende 2016 was daar 430 geregistreerde eiendomsagentskappe in Namibië. Slegs 200 agentskappe het tot dusver vir 2017 vir getrouheidsfondssertifikate geregistreer, wat beteken net die helfte van diegene wat vanjaar wettig in bedryf was, sal geregistreer wees om volgende jaar met hul ondernemings voort te gaan.
Dertig aansoeke vir 2017 is weens nie-nakoming verwerp.
Die NEAB is van plan om in Januarie ''n lys van alle eiendomsagente en agentskappe te adverteer wat vir 2017 geregistreer is.
Onwettige verdienstes
Die NEAB is daarvan bewus sommige banke bied wat as “perverse aansporings” bekend staan aan eiendomsagente in die vorm van jaarlikse toekennings, verdienstes, lokmiddelfooie en voordele van allerlei beskrywings, in ruil vir verwysings van koopooreenkomste waaruit banke addisionele besigheid bekom.
Die NEAB se president, me. Anne Gebhardt, het gesê dit wil voorkom asof sekere regspraktisyns, veral aktebesorgers, kommissies aan agente vir aktebesorgingswerk betaal.
“Dié kommissies word aan agente betaal terwyl die verkopers onbewus is van hierdie addisionele aansporingsmiddels waaruit agente in hul persoonlike hoedanigheid baat,” het Gebhardt gesê.
Die reguleerder het gesê dit sou optree teen enige agent wat aansporingsmiddels of enige vorm van geheime wins ontvang. Die reguleerder kan dissiplinêre en strafregtelike stappe instel.
Die NEAB het dié waarskuwing sedert 21 November deur middel van koerantadvertensies aan eiendomsagente gerig.
Ironies genoeg het ''n plaaslike koerant op dieselfde dag berig oor die afsluiting van ''n kommersiële bank se “eiendomsagente-huisleningsveldtog” wat gespog het met ''n toename van 34% in agent-deelname wat 25% se nuwe besigheid vir die bank genereer het”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie