Skelm twakkies knou tabakreus se syfers
BAT se bekende handelsname sluit in Dunhill, Lucky Strike, Pall Mall, Rothmans en Camel.
Francois Williams - Onwettige tabakhandel in Suid-Afrika en Brasilië kry die skuld vir die tabakreus British American Tobacco (BAT) se laer sigaretvolumes in Afrika suid van die Sahara en die Amerikas.
BAT waarsku ook oor nuwe wetgewing in Kanada wat hom miljarde rande se eise op die hals kan haal.
Beleggers het egter Donderdag gehou van die randverskansingsmaatskappy se jongste halfjaarverslag en die aandeelprys was deur die loop van die oggend 5,5% hoër op R727,41.
BAT het sy markaandeel in die halfjaar tot einde Junie in die sigaretmark met 0,4 persentasiepunt vergroot, sê Nicandro Durante, uitvoerende hoof, in 'n Sens-verklaring.
Durante verwag BAT se omset uit nuwegenerasieprodukte soos e-sigarette sal in die volle boekjaar vanjaar £1 miljard oorskry. Dit is ondanks die onlangse verlangsaming in verkope van sekere van dié nuwegenerasieprodukte in markte soos Japan en Suid-Korea.
BAT se wins uit bedrywighede het met 72% tot £4,438 miljard gegroei, maar wesensverdienste per aandeel is 3,4% laer op £1,17. Netto kontant uit bedrywighede het met 126% tot £3,858 miljard gegroei. Dis veral nadat BAT die Amerikaanse tabakreus Reynolds oorgeneem het. Die laer wesensverdienste per aandeel spruit uit hoër finansieringskoste en voorsienings vir belastingeise.
Sy finansieringskoste het meer as verdubbel weens onder meer die nuwe skuld wat hy moes maak om Reynolds oor te neem, asook Reynolds se eie skuld wat nou op sy balansstaat is.
Dividend
BAT se volgende kwartaallikse dividendbetaling sal in Augustus gedoen word en bedra 48,8 Britse pennies. Dis deel van die tussentydse dividend van 195,2 pennies per aandeel wat vroeër aangekondig is en wat in vier gelyke paaiemente betaal word.
BAT se bekende handelsname sluit in Dunhill, Lucky Strike, Pall Mall, Rothmans en Camel.
BAT se syfers wys sy sigaretvolumes het met 3,5% gegroei in die Midde-Ooste, Asië en die Stille Oseaan-gebied, maar het gedaal met 5,9% in Afrika suid van die Sahara en die Amerikas.
BAT pak die skuld vir die laer volumes op die groei in onwettige tabakhandel in Suid-Afrika en Brasilië en 'n inkrimping in die mark in Mexiko, Kanada, Colombië en Venezuela.
Kanadese risiko
'n Risiko wat BAT noem is wetgewing wat in Kanada goedgekeur is wat provinsiale regerings toelaat om gesondheidsorgkoste vir die behandeling van rookverwante siektes regstreeks van tabakvervaardigers te kan verhaal. Al tien die provinsies van Kanada het reeds eise ingedien, maar nie al die eise is al gekwantifiseer nie. Vir vyf van die provinsies is die skadevergoedingseise tussen K$10 miljard en K$118 miljard.
Die provinsie van Ontario het in Julie 'n verslag uitgereik wat sy skadevergoeding vir die tydperk 1954 tot 2060 op tussen K$280 miljard en K$630 miljard raam. Ontario wil nou sy oorspronklike eis van K$50 miljard tot K$330 miljard verhoog. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie