Skending van regte kan só voorkom word
ANONIEM SKRYF:
Dankie, mnr. Eben de Klerk, dat daar darem iemand is wat opstaan vir Jan Alleman en die growwe skending van menseregte deur polisiebeamptes aanspreek.
Die polisie se hoëkoppe kyk soos gewoonlik anderpad en ontken alles. Alle oortredings van wette deur die polisie word nimmereindig ondersoek, maar daar kom dadels van sodanige ondersoeke.
Hoekom is die polisie-offisiere bang om hulself voor te stel? Waar is hul aanstellingsidentifikasie? Hoekom is hulle bang om afgeneem te word as hulle weet hulle doen die regte ding? Wanneer gaan die behandeling wat ons van ons polisiemanne en polisievroue kry tot 'n einde kom? Wanneer gaan die magsvertoon en magsmisbruik aan die kant van die Namibiese polisie stop?
Jy mag nie aan 'n polisieman of polisievrou in uniform raak wat jou aanrand nie, maar hulle doen presies dit, en hulle kry alewig 'n kamstige klag teen jou, net om hul optrede te regverdig. Jy moet 'n paar dae tussen gedugte kriminele gaan slaap, terwyl jy weet jy het niks krimineels aangevang nie. Dit is nou tipiese magsmisbruik en magsvertoon op dieselfde tyd.
Praat jy baie, word jy geviktimiseer. Jy is heeltyd in hul oë.
Kyk maar na alle klagtes landwyd, en die hoëkoppe ontken dit of speel met tyd om die publiek stil
te kry.
Die polisie moet roteer word, want hulle bly te lank by dieselfde stasie, raak te gemaklik en so herhaal die kattekwaad wat hulle aanvang net meer en meer. Dit was die geval (rotasie) in die verlede, en toe was dinge baie beter.
Dis hoog tyd om ook die toelatingsvereistes vir polisie-opleiding te hersien. Die lae toelatingsvereistes blyk ook 'n probleem te wees. Daar is geen integriteit, dissiplinne of trots nie. Iemand wat skaars graad 10 gemaak het, raak 'n polisieman.
Ek haal my hoed af vir die manne en vroue wat wel hul werk met trots, dissipline en integriteit doen. Verhoog asseblief die toelatingsvereistes, en roei asseblief die vrot appels uit die polisiemag. Baie dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie