Skenk jou skoene
Liefdadigheid en die gemeenskap is twee baie belangrike aspekte wat die fondamente van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP)betref.
Die skool se Christelike grondslag dien as basis vir die leerlinge om terug te wil gee aan die gemeenskap.
Die leerlingraad van 2017 het reeds baie projekte gedurende die jaar van stapel gestuur. Ek het met die dagbestuur gesels oor hul liefdadigheidsprojekte. “Omdat ons 'n privaatskool is, is ons in 'n posisie bevoorreg genoeg om die projekte aan te pak,” het Benna van der Walt, hoofseun, gesê. Hulle probeer om ten minste een keer 'n termyn 'n groot gemeenskapsprojek te doen benewens die ander skoolverwante projekte wat hulle moet reël. “Dit is vir almal belangrik om soveel soos wat hulle kan, na hul gemeenskap uit te reik.”
Hulle sê dit is belangrik dat WAP-leerlinge weet hoe bevoorreg hulle is.
Anri Jurgens, hoofmeisie, sê leerlinge kan op dié manier 'n goeie Christelike voorbeeld stel deur byvoorbeeld nie net hul ou goed weg te gooi wat hulle minderwaardig ag nie, maar dit eerder vir iemand in nood skenk.
Die leerlingraad het in die eerste termyn Oude Rust besoek. Daar het hulle vir die mense kos gegee en hulle ook vermaak met 'n bietjie musiek. Meer onlangs het hulle die skoenprojek gedoen, waartydens leerlinge hul ou skoene vir die leerlingraad kon gee wat dit op hul beurt op 30 Junie 2017 aan Hope Village geskenk het. Altesaam 392 pare skoene is ingesamel.“Ons kon nie al die skoene vir Hope Village gee nie omdat hulle almal klein kindertjies is,” verduidelik Frans Oosthuizen, onderhoofseun. “Maar ons gaan die oorblywende pare vir Kanaal 7 skenk.”
Hulle hoop om 'n goeie voorbeeld te stel vir volgende jaar se leerlingraad en dat hulle ook sal voortgaan met hierdie wonderlike projekte. “Al die harde werk is die moeite werd - om te sien hoe gelukkig dit ander mense maak. Jy pluk die vrugte van jou sukses daarna,” sê Frans.
“Die grootste rede hoekom ons dit doen, is as gevolg van ons Christelike waardes en om ons tiende dus terug te gee,” het Willene Page, die onderhoofmeisie, gesê.
Ons wens die leerlingraad sterkte toe vir die res van die jaar en bedank hul ook vir hul moeite en harde werk wat hulle vir die skool doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie