Skenk nou bloed
Die Namibiese bloedoortappingsdiens (NamBTS) het ’n beroep op alle bloedskenkers gedoen om bloed te skenk voor hulle met vakansie gaan.
Volgens me. Zita Tobin, bestuurder van skenkerwerwing en publieke verhoudings by NamBTS, is dié tyd van die jaar uitdagend vir NamBTS.
“Alle bloedgroepe word aangemoedig om te skenk, maar veral die O- en B-bloedgroep word benodig. Dié twee groepe is voortduurend in aanvraag in Desember en Januarie. Bloedskenkers word daagliks in dié tydperk benodig omdat bloed slegs ’n 42 dae-rakleeftyd het.”
Volgens dr. Björn van Finckenstein, mediese direkteur van NamBTS, word bloed nie net in trauma- en noodgevalle gebruik nie.
“Moeders wat komplikasies tydens swangerskap of geboorte ervaar, vroeggebore babas, brandslagoffers, kankerpasiënte, mense met kroniese siektes, pasiënte wat geopereer word en mense met hart-, lewer- en bloedtoestande benodig bloed dié tyd van die jaar. Siektes, ongelukke en mediese komplikasies gaan nie met vakansie nie, dus maak ons staat op alle skenkers om ’n bloedtekort te voorkom,” sê hy.
Mense wat belangstel om skenkers te word, moet ouer as 16 jaar wees en meer as 50 kg weeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie