Skenkers kom tot wilde perde se redding
Elvira Hattingh - Namibiërs sowel as oorsese skenkers het hulle die afgelope maand ontferm oor die wilde perde van die Namib en die Namibië Wildeperde-stigting meen die perde behoort nou deur die winter gehaal te kan word.
Dit volg ná die stigting in April bekend gemaak het dat dit dringend skenkings benodig en net genoeg kos gehad het om die perde tot die begin van Junie te voer. Toe is ook gesê dat hulle vanaf Junie vir die helfte tot driekwart van hul daaglikse kos van skenkings afhanklik sal wees, andersins kon die droogte die einde van dié perde beteken, wat reeds ’n eeu lank in die woestyn oorleef.
Sowat N$300 000 is deur private persone, plaaslike maatskappye en oorsese skenkers tussen 27 April en 23 Mei in die Namibië Wildeperde-stigting se bankrekening inbetaal. Terselfdertyd is 700 grasbale van Onjala Lodge op Okahandja asook 755 lusernbale deur verskeie mense en maatskappye vir die perde geskenk – ’n gesamentlike poging wat deur mnr. Willem de Wet gereël is.
Me. Christine Wulff-Swiegers van die Namibië Wildeperde-stigting sê dit kos tans tussen N$200 000 en N$250 000 per maand om die perde te voer.
“Dit sluit die koste van gras, lusern, lek en vervoerkoste in,” het sy gesê. “Ons verhoog of verlaag aanvullings volgens die hoeveelheid voer wat die perde eet en dit reflekteer in die voerkoste.
“Danksy al die geld wat geskenk is, kan ons finansiële bronne opbou om lek te koop – asook gras of lusern, soos nodig. Ons sal egter meer geldelike skenkings waardeer.
“Daar is egter nog gras en lusern as skenkings aan ons belowe, waarmee ons die perde deur die winter sal kan kry. Ons wil graag daarmee voortgaan om lek, gras en lusern te verskaf.”
WINTERREËN
Wulff-Swiegers sê die stigting hoop op winterreën in Junie, Julie of Augustus. “As geen reën val nie, moet ons wag tot die volgende reënseisoen wat eers in Februarie begin,” het sy gesê.
Sy sê hoewel die perde se toestand oor die algemeen effens verbeter het, is daar individuele perde wat baie swaar kry.
“Die perde is nog nie dood van die honger nie, slegs omdat roofdiere hulle gevang het of weens ander siektes, maar tot dusver het geen vullens oorleef nie.”
Die stigting het vroeër gesê tydens die begin van die droogte het veral die baie jong en ou perde gevrek. Hiënas het ook ’n groot invloed gehad omdat die verswakte perde ’n maklike prooi is.
“Sodra groen gras beskikbaar is, sal hulle vetter en blink begin vertoon. Die verskafde voer hou hulle aan die lewe, maar groen gras doen wonderwerke. Die gras by Gurab is gewoonlik baie voedsaam en hou lank, maar weens die droogte is daar nie veel biomassa oor nie,” het Wulff-Swiegers gesê.
VERSKUIWING DIE LAASTE OPSIE
Wulff-Swiegers sê mense het voorgestel dat die perde verskuif moet word om hul kans op oorlewing te verbeter.
“Die probleem is egter dat die perde in die Gurab-gebied aangepas het en nie maklik elders, in ’n heeltemal ander habitat, sal aard nie. Omliggende gebiede naby Gurab met ’n vergelykbare klimaat loop ook onder die droogte deur.
“Om die perde te verskuif, sal baie stresvol vir hulle wees en tans is die beste opsie om hulle by Gurab in hul bekende omgewing te voer. Verskuiwing moet ’n laaste opsie wees,” het Wulff-Swiegers gesê.
Sy is optimisties oor die vooruitsigte op reën vir die nuwe seisoen.
“Dit sal weer reën, ek is seker daarvan. Ons verkeer tans in ’n droogtesiklus van drie tot vier jaar, soos dit in die verlede tussen 1996 en 1999 ook gebeur het. Ons droogtesiklusse is nog altyd deur goeie reënjare opgevolg.
“Dan vertoon die Gurab baie anders en bied dit ’n pragtige, voedsame habitat vir die perde. Ons moet optimisties bly en die perde net deur die huidige situasie help. As die reën weer kom, sal ons dié moeilike tyd vergeet en weer hul skoonheid, teenwoordigheid en vryheid kan geniet.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie