Skenking takel behuisingstekort
Enzo Amuele op Okakarara
PolyCare Namibia en die Duitse liefdadigheidsorganisasie Häuser für die Welt het onlangs hande gevat om behuising aan die personeel by die Okakarara-staatshospitaal te skenk.
Dié tweeslaapkamerhuise is teen ’n koste van meer as N$1 miljoen gebou. Die huise wat met behulp van PolyCare se innoverende boutegnologie opgerig is, is in reaksie tot die uiterste behuisingstekort in Okakarara.
Die hospitaalpersoneel kon nie verblyf vind nie, wat ’n hoë personeelomset by die hospitaal tot gevolg gehad het. Dit het weer daartoe gelei dat die pasiënte nie toegang tot behoorlike gesondheidsorg gehad het nie. Die akkommodasiegeriewe is gebou met PolyCare se vinnige modulêre boutegnologie.
Die polimeerblokke is ’n voortreflike, volhoubare en ekonomies-effektiewe alternatief vir bakstene. Om met dié blokke te bou vereis geen sement of water nie en produseer geen afval nie. Twee huise kan binne twee maande voltooi word.
In dié stadium sal twee dokters van behuising reg langs die hospitaal voorsien word. Die skenker, mnr. Hans-Jochen Lott van Bielefeld in Duitsland, het hierdie bedrag geskenk om ’n persoonlike bydrae te lewer tot Duitsland se vergoedingspogings aan die Nama- en Ovaherero-bevolkings.
Die Häuser für die Welt ondersteun die skenking en implementering van die projek.
Mnr. Gebhardo Timotheus, die gesondheidsdirekteur van die Otjozondjupastreek, het gesê die skenking is daarop gemik om die voortsetting en konsekwente lewering van openbare gesondheidsdienste te konsolideer, nie net vir Okakarara nie, maar ook vir die streek in geheel.
“Die skenking sal verligting bring vir die hospitaalpersoneel wat weens die uiterste behuisingstekort in die dorp nie verblyf kan kry nie,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie