Skenkings vir stryd teen Covid
Francoise Steynberg - Vier instellings het skenkings aan die kantoor van die eerste minister ten bate van die stryd teen die Covid-19-pandemie gemaak.
Die vier instellings is B2Gold Namibia, Letshego, die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) en die Namibiese Korrektiewe Dienste.
B2Gold het N$34 miljoen aan die noodbestuurseenheid van die kantoor van die eerste minister geskenk, asook N$6 miljoen aan gemeenskapsprojekte gemik op higiëne, sanitasie en voedselsekuriteit in informele nedersettings landswyd.
“B2Gold het met vanjaar se vrywillige skenkings ter waarde van N$96 miljoen ons toewyding bevestig vir die verbetering van die lewensbestaan van alle Namibiërs, het die besturende direkteur van dié myn, mnr. Mark Dawe, gesê.
Die korrektiewe dienste onder die vaandel van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se skenking behels 30 000 kg mieliemeel (of 3 000 sakke van 10 kg) van die Divundu se korrektiewe dienste, 16 000 gesigmaskers wat vroulike gevangenes by die Windhoekse korrektiewe dienste gemaak het en N$56 882,30.
Hiervan het die korrektiewe dienste-klub N$30 000 geskenk, korrektiewe beamptes N$22 672,30 en manlike gevangenes N$4 210.
“Ons manlike gevangenes wou graag help,” het ’n gevangene Domingo da Costa gesê.
Letshego Namibia het N$700 000 geskenk en Namfisa N$100 000 plus N$50 000 wat aanvanklik vir die 30ste onafhanklikheidsvieringe geoormerk was.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie