Skepe kan vir 5 weke nie brandstof in PE aflewer
Skepe kan vir 5 weke nie brandstof in PE aflewer

Skepe kan vir 5 weke nie brandstof in PE aflewer

Cara-Lee Dorfling – Weens herstelwerk sal geen olietenkskip in die volgende vyf weke brandstof by die brandstofdepot in Suid-Afrika se Port Elizabeth-hawe kan aflewer nie.

Die nodige herstelwerk het Maandag by die depot begin en die depot wat tot 25 Maart gesluit sal wees, het Rajesh Dana, hawebestuurder, bevestig.

Die ondersteunende staalraamwerk van die toegangsroete se loopvlak na die brandstofdepot moet weens roes versterk en herstel word.

Volgens Dana het die Transnet Nasionale Haweowerheid (TNPA) die besluit geneem ná uitgebreide konsultasiesessies met die onderskeie oliemaatskappye wat vanuit die Port Elizabeth-brandstoftenkplaas werk, asook die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia).

Met die herstelwerk binne die hawe sal geen vaartuig brandstof kan aflewer nie.

Met die herstelwerk binne die hawe sal geen vaartuig brandstof kan aflewer nie, maar die brandstoftenkplaas op die land sal voortgaan met die verskaffing van brandstof aan plaaslike afsetpunte. Indien die brandstoftenkplaas se bronne sou opdroog voordat die herstelwerk voltooi is, sal brandstof waarskynlik vanuit Oos-Londen na Port Elizabeth aangery word.

Dana het bevestig die kapasiteit by die Oos-Londen-hawe is voldoende om die ekstra lading te kan hanteer.

Die TNPA het ook die oliemaatskappye aangemoedig om voorrade in Port Elizabeth aan te vul.

Dana sê die maatskappye het TNPA die versekering gegee dat maatreëls in plek is om die nodige brandstof vir die Nelson Mandelabaai-metro te verseker. Hy sê dit is ’n prioriteit en die TNPA sal gedurende die tydperk weekliks met die oliemaatskappye vergader om die vordering te bespreek, asook om enige probleme uit die weg te ruim.

Avhapfani Tshifularo, uitvoerende direkteur van Sapia, het nie Maandag onmiddellik op navrae gereageer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!