Skietongeluk eis bekende boer
Slag vir toerisme-, jag- en houtskoolbedryf
Elvira Hattingh - Die dood van mnr. Gunter Schwalm, ‘n boer naby Otavi wat diep spore in die plaaslike jag-, toerisme- en houtskoolbedryf getrap het en Namibië boonop op talle internasionale platforms verteenwoordig het, het Maandag skokgolwe deur die land gestuur.
Mnr. Michael Degé, bestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), waarvan Schwalm die voorsitter was, vertel Schwalm is Maandagoggend oorlede in wat ‘n skietongeluk blyk te wees.
Die nuus kom ‘n week nadat die afgetrede NG Kerk-leraar, dr. Jan Woest, ook weens ‘n skietongeluk oorlede is.
Degé het met Republikein vanaf Schwalm se plaas naby Otavi gepraat, waar Schwalm se vrou, Reinhild, asook sy ma en skoonma woon.
“Dit is vir my ‘n groot skok. Ek staan hier op sy plaas en ek kan nie glo hy is nie hier nie. Dit is vir my onwerklik,” het Degé gesê.
Hy sê Schwalm was sy steunpilaar by die NCA.
Degé is baie ontsteld oor die gerugte van selfdood wat die ronde doen.
“Die nadoodse ondersoek is nog nie eers afgehandel nie, so ek weet nie hoe die polisie of enigeen sulke bewerings kan maak nie. Dit is baie sleg,” het Degé gesê.
Degé vertel Schwalm het op sy honde se blaf gereageer.
“Toe hy buite kom het hy gesien daar is jagluiperds wat sy wild jag. Hy het ‘n geweer by hom gehad.
“Die vermoede is hy het in die lang gras oor klippe gestruikel en ‘n skoot het afgegaan.”
Degé sê Schwalm het die dag voor sy dood nog watertenks opgesit.
“Ons het ook gereël dat ek hom met houtskoolsake kom help. Hy het verder planne gehad om Maandagaand sebras te jag.
“Ek het ook met hom afgespreek om my werkers te bring om sy werkers op te lei. Ons het elke dag gesels en hy was deurgaans baie positief,” het Degé gesê.
“Dit is werklik tragies. Hy het soveel vir hierdie land gedoen en beteken. Hy het ‘n groot nalatenskap,” het Degé gesê.
Schwalm laat ook ‘n volwasse seun en ‘n dogter na wat tans in Switserland en Duitsland is.
Die skielike en ontydige heengaan van Gunter het die jaggemeenskap diep getref, het die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha), gister gesê.
“As ‘n getroue Napha-lid van 30 jaar, laat Gunter ‘n groot nalatenskap agter en hy sal op verskeie platforms waarby hy aktief betrokke was, gemis word,” sê Napha se bestuur, kantoorpersoneel en lede.
“Ons innigste medelye aan sy vrou, Reinhild, en sy familie.”
Die polisie het Dinsdag aan Republikein se susterkoerant, die Allgemeine Zeitung, gesê die 49-jarige Schwalm is Maandag tussen 09:00 en 10:00 op sy plaas, Omalanga Safaris, buite Otavi dood.
Hy het ‘n skietwond aan sy kop gehad en ‘n wapen is by hom gevind.
Insp. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder vir die Otjozondjupastreek, het bevestig geen selfdoodbrief is gevind nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie