Skiettragedie: Gewonde vrou se operasie uitgestel
Me. Jolandi Cooper se biologiese ma is op reis vanaf Suid-Afrika om haar dogter by te staan.
Francoise Steynberg – Me. Jolandi Cooper (38) wat Dinsdagoggend vroeg deur haar man, Collin (47), in die kop geskiet is, se operasie moes gister uitgestel word weens swelling op haar brein wat eers moet sak.
Volgens adj.komm. Eric Clay van die Namibiese polisie in die Hardapstreek, sou Jolandi gister in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek geopereer word om die koeëlpunt in haar skedel te verwyder.
’n Vriend van die Cooper-gesin van Rehoboth waar die skokvoorval Dinsdag omstreeks 02:08 plaasgevind het, het aan Republikein gesê Jolandi kan nie geopereer word nie vanweë die swelling van die brein.
“Jolandi se neusbeen het tydens die skietvoorval gebreek en in haar brein versplinter,” het ’n vroulike familielid van haar aan Republikein gesê.
Die gesinstragedie het die gemeenskap van Rehoboth geruk nadat Collin klaarblyklik eers vir Jolandi geskiet en daarna homself doodgeskiet het terwyl hul dogters (11 en 16) in hul huis in die Blok F-woonbuurt geslaap het.
“Die man het op die toneel gesterf nadat hy homself ook in die kop geskiet het. Hul dogters het glo in dieselfde kamer geslaap waar die skietvoorval plaasgevind het,” het Clay Dinsdag gesê.
FAMILIE Ná STRYERY ONTBIED
Volgens Jolandi se familielid het die egpaar in die vroeë oggendure gestry en die oudste dogter het ’n tante op die dorp gebel wat by die huis opgedaag het om die situasie te ontlont.
“Jolandi en die dogters wou by die tante se huis gaan oornag het, maar die tante en haar man kon daarin slaag om almal te kalmeer waarna hulle alleen huis toe is,” het die familielid gesê.
“As hulle maar net daar gaan slaap het. ’n Halfuur later het die oudste dogter met die twee skote wakker geskrik, opgevlieg en haar ma met ’n kopwond en haar pa dood gevind.” Die bure het glo die skote gehoor en die polisie gebel.
Jolandi is in ’n kritieke toestand hospitaal toe gehaas en die polisie het die dogters na Collin se ma geneem, volgens ’n vriend.
Volgens hom is Jolandi se ouers oorlede en Collin se ouers woon op Rehoboth, maar ’n familielid sê Jolandi se biologiese ouers lewe nog. “Sy het by ’n tante op Rehoboth grootgeword, maar haar biologiese pa woon in Windhoek en haar biologiese ma op Rietfontein in Suid-Afrika,” sê die familielid.
Rietfontein is naby Hakskeenpan in die Noord-Kaap.
“Haar ma kan nie Namibië via die Rietfontein-grenspos inkom nie, want sy kan nie daar vir die Covid- 19-virus getoets word nie.
“Sy sou vanoggend (gister) na Upington reis om daar vir corona getoets te word,” het die familielid gesê.
Sy het ook haar skok oor die voorval uitgespreek: “Collin was die lieflikste mens en baie lief vir Landi. Niemand het dit van hom verwag nie en dit maak nog seerder. Sy familie is baie seer en geskok.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie