Skietvoorval in kerk ‘daad van die duiwel’
President Donald Trump van Amerika het Maandagoggend die skietvoorval in ’n kerk in Texas as ’n “daad van die duiwel” beskryf en dit “gruwelik” genoem, berig CNN.
Dit was Trump se eerste openbare uitspraak oor die voorval nadat minstens 26 mense dood is toe ’n skieter Sondag tydens die erediens op lede van die Baptistekerk in Sutherland Springs losgebrand het.
“Hierdie bose daad het plaasgevind terwyl gesinne in hul plek van heilige aanbidding was. Ons kan nie die pyn en gevoelens van rou beskryf wat ons almal voel nie. Ons kan ook nie die lyding voorstel van hulle wat geliefdes verloor het nie,” het Trump by die Amerikaanse ambassade in Tokio gesê. Hy is op die oomblik op ’n amptelike besoek aan Asië.
Trump het verder gesê sy “gedagtes en gebede” is by die slagoffers en hul families, maar het nie enige aanduiding gegee dat wetlike of ander beleidsaksies op die skietvoorval sal volg nie.
Hy het sy regering se “volle ondersteuning aan die staat Texas” belowe en gesê dat plaaslike owerhede die “verskriklike misdaad” ondersoek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie