Skikking in aanrandingsaak teen polisie, weermag
Operasie Hornkranz se nadraai
Kristien Kruger – ’n Swakopmund-inwoner wat die Namibiese regering vir N$1 miljoen in skadevergoeding gedagvaar het omdat hy beweer lede van die Namibiese polisie en weermag het hom aangerand, het vir N$350 000 geskik.
Die saak vorm deel van tientalle siviele regsgedinge wat voortspruit uit vorige polisie- en weermagoperasies Kalahariwoestyn en Hornkranz.
Mnr. Jesaja Hango, ’n elektrisiën by Rössing-uraanmyn, sê die voorval op 4 April 2020 in Swakopmund het hom met ernstige beserings, letsels en kneusplekke gelaat.
Die partye het Dinsdag in die hoërhof in Windhoek op ’n ooreengekome bedrag van N$350 000 geskik.
Volgens die hofbevel moet die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie die eiser N$100 000 betaal. Die ministerie van verdediging moet N$150 000 opdok en die Namibiese regering moet sy regskoste van N$100 000 betaal.
Hango het aangevoer die aanvallers in uniform het hom met hul vuiste geslaan en geskop.
“Die eiser is in die hospitaal opgeneem waar hy ’n operasie aan sy regterarm moes ondergaan. Hy was in geweldige pyn,” lui die hofstukke wat deur Hango se regsverteenwoordiger, mnr. Norman Tjombe, saamgestel is.
Volgens Hango het die voorval hom getraumatiseer en het hy verneder gevoel. Hy het glo ook gevrees vir sy veiligheid en die voorval het skade aan sy waardigheid en aansien berokken, omdat die beweerde aanranding ten aanskoue van die publiek plaasgevind het.
Die name van die betrokke polisiebeamptes en soldate is onbekend.
REGERING ONTKEN AANRANDING
Die regering het alle beskuldigings ontken en gesê die beweerde aanranding op Hango het nooit plaasgevind nie.
Hulle het aanvanklik die hof versoek dat die eis van die hand gewys moet word.
Die saak is afgehandel en van die rol geskrap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie