Skikkingsooreenkoms vir Omeya

Indien alles volgens plan verloop, kan die skikkingsooreenkoms op 4 Februarie ’n hofbevel gemaak word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Bank Windhoek en Omeya se ontwikkelaar het ’n skikkingooreenkoms bereik om laasgenoemde onder geregtelike bestuur te plaas, eerder as om dit te likwideer.

Die ontwikkelaarsmaatskappy is Omeya Gholf- en Residensiële Oase (Ogro).

Die betrokke partye het die hoërhofregter Thomas Masuku Woensdagoggend dienooreenkomstig ingelig en ook ’n konsephofbevel ingedien. ’n Voorstel is gemaak dat mnr. Alwyn van Straten van Executrust deur die hof aangestel word om die bestuur oor te neem.

Die saak sal op 4 Februarie weer in die hoërhof draai, waartydens die skikkingsooreenkoms ’n finale bevel van die hof gemaak sal word, sou belanghebbendes nie enige besware daarteen opper nie.

KAN GERED WORD

Dit volg nadat Bank Windhoek Maandag (7 Des) aangedui het dit sou Ogro se likwidasie-aansoek in die hof teenstaan. Die bank wil hê die onderneming moet eerder onder geregtelike bestuur geplaas word, aangesien sy kontantvloei-probleme op ander maniere beredder kan word.

Ogro het aanvanklik ’n dringende aansoek in die hoërhof in Windhoek ingedien om gelikwideer te word, nadat die ineenstorting van die eiendomsmark dit na bewering kommersieel insolvent gelaat het.

Mnr. André van der Walt, een van vier lede op Ogro se direksie, het in ’n beëdigde verklaring bevestig dat Ogro se bates steeds meer as sy laste is. Van der Walt Investment Trust, waarvan Van der Walt ook een van die trustees is, is die alleen-aandeelhouer in Ogro.

Ogro is in die rooi by twee van sy grootste skuldeisers, naamlik Bank Windhoek asook First National Bank, vir wie dit onderskeidelik sowat N$133 miljoen en N$12 miljoen skuld.

Die onderneming sê dit kan nie sy maandelikse terugbetalings van onderskeidelik N$900 000 en N$75 000 aan dié banke nakom nie. Daarbenewens moet dit nog ’n maandelikse geldelike bystand van sowat N$660 000 aan sy verskeie filiale verleen.

In ’n beëdigde verklaring wat Maandag (7 Des) deur Bank Windhoek se mnr. Anton de Wit by die hof ingedien is, word beweer Ogro kan steeds suksesvol wees, indien dit ’n geleentheid gegun word.

De Wit sê die verkoop van die Gholf-akademie aan die Omeya-huiseienaarsvereniging, sal reeds aan Ogro die nodige kontantvloei voorsien om sy werksaamhede vol te hou. Boonop het die huiseienaarsvereniging glo ook reeds ’n aanbod vir die akademie gemaak. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!