Skilpad lei tot toeris se dood
Skilpad lei tot toeris se dood

Skilpad lei tot toeris se dood

Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Toeris wat pas in Namibië aangekom het, het Vrydag om 16:30 vyf kilometer vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gesterf toe sy omgery is.

Die 26-jarige me. Natacha Ferreira Alves van Portugal het na bewering saam met haar kêrel en pa in die land aangekom en was op pad Windhoek toe. Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag het die drie ’n skilpad oor die pad gesien loop, waarna hulle stilgehou en uitgeklim het.

"Op pad terug na hul voertuig is Alves deur ’n ander voertuig getref. Sy is op slag dood," sê Nampol.

Op Divundu is ’n 22-jarige verdagte Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 21-jarige vrou verkrag het. Volgens Nampol het hy die vrou uit ’n kroeg gesleep en haar glo by die markplek met ’n mes gedreig en verkrag.

Op Tses is ’n 42-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 51-jarige verstandelik gestremde vrou verkrag het. Nadat hy in hegtenis geneem is, is 26 ballies dagga ter waarde van N$300 glo by hom gevind.

’n Chinese burger (37) is Saterdag om 09:30 by ’n kleinhoewe by Brakwater naby die hoofstad beroof deur vyf onbekende mans wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het. Die mans het die slagoffer geboei en sy vrou en nog drie slagoffers vasgebind. Hulle het ’n pistool, N$500 000 kontant, 10 000 yuan, vyf kameras, drie horlosies, sewe selfone en juwele gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In Windhoek-Wes is twee mans (20 en 25) Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ’n lewende ietermagô ter waarde van N$50 000 gevind is. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!