Skitterjaar vir Amplats, maar aandeel duik oor Griffith
Amplats se aandele het onmiddellik nadat verhandeling begin het, met meer as 2% op die JSE tot R1 231,01 gedaal.
Elvira Wood – Anglo American Platinum (Amplats) se skitterjaar kon nie keer dat sy aandeleprys vroeg Maandagoggend onmiddellik met meer as 2% gedaal het kort nadat verhandeling op die JSE begin het nie.
Die nuus dat Chris Griffith, uitvoerende hoof van die maatskappy, bedank het, het duidelik die maatskappy se goeie prestasie oorskadu. Amplats se aandele het onmiddellik nadat verhandeling begin het, met meer as 2% op die JSE tot R1 231,01 gedaal.
Amplats het vroeg Maandagoggend sy resultate vir die jaar tot einde Desember op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer.
Met die mandjieprys van platinumgroepmetale (PGMe) wat met ’n enorme 38% in randterme van R29 601 per platinumons tot R40 862 per platinumons gestyg het, kon die maatskappy sy beleggers met ’n stewige dividend beloon.
Die maatskappy het ’n finale dividend van R52,60 per aandeel verklaar. Dit is 368% hoër as ’n jaar gelede.
Hoewel produksie met net 1% gestyg het, het die maatskappy se inkomste met 33% tot R99,6 miljard gestyg.
Sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) is 107% hoër op R30 miljard. Dit is teenoor die vorige boekjaar.
Wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel het albei met 145% tot onderskeidelik R18,6 miljard en R70,87 gestyg.
Basiese verdienste en basiese verdienste per aandeel het albei met 168% tot onderskeidelik R18,5 miljard en R70,46 gestyg.
Amplats het nou R17,3 miljard se kontant in die bank. Dit is teenoor die R2,9 miljard van ’n jaar tevore.
Nie net het die maatskappy finansieel goed presteer nie, maar 2019 was ook die eerste jaar in sy geskiedenis waar geen van sy werknemers weens werkverwante redes dood is nie.
Griffith sê in die verklaring die goeie prestasie gaan die maatskappy in staat stel om na planne te kyk om sy Mogalakwena en Mototolo/Der Brochen-myne uit te brei.
Amplats sal ook nie huiwer om na ander beleggings te kyk nie. Die maatskappy gee egter nie meer besonderhede nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie