Skoene, bykomstighede waai op Swart Vrydag
Die handelsnaam wat die beste gevaar het, was Sixth Floor se huisbenodigdhede.
Suid-Afrikaners het op Swart Vrydag in rekordgetalle op Superbalist neergedaal en R40 miljoen bestee.
Die e-modehandelaar het net op Swart Vrydag 180 000 items aan 35 000 klante verkoop.
Luke Jedeikin, mede- uitvoerende hoof van Superbalist, sê hulle is so tevrede hulle het sommer die spesiale aanbiedinge verleng.
“Sedert Superbalist.com in 2014 die eerste keer aan Swart Vrydag deelgeneem het, het verkope elke jaar meer as verdubbel.
“Vanjaar was Swart Vrydag net twee maande ná die samesmelting met Spree en het ons dus nog 'n groter toename in verkope gesien,” sê hy.
Superbalist se Swart Vrydag-verkope vanjaar was 115% hoër as dié van verlede jaar.
Die beste verkopers was skoene en bykomstighede, met vroueskoene wat die heel beste gevaar het.
Die handelsnaam wat die beste gevaar het, was Sixth Floor se huisbenodigdhede.
Claude Hanan, mede- uitvoerende hoof, sê die uitgebreide reeks aanbiedinge beteken dat meer verbruikers nou aanlyn kan koop.
“Dit is ons doel om vir Suid-Afrikaners 'n wye verskeidenheid modes oor alle ouderdomsgroepe, voorkeure en kulture heen te bring. Met die toevoeging van nuwe kategorieë, waaronder kraam-, “tween-” en plus-grootte-reekse, is daar iets vir almal,” sê Hanan.
• Netwerk24 is 'n publikasie van Media24, 'n filiaal van Naspers. Media24 en Naspers besit belange in Superbalist.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie