Skok: Kyk wat lu00ea diep in die oseaan
Skok: Kyk wat lu00ea diep in die oseaan

Skok: Kyk wat lê diep in die oseaan

’n Plastieksak en ander afval is in die Mariana-trog op die diepste plek in die oseaan tot waar mense tot nog toe kon kom, gekry.

Victor Vescovo, ’n afgetrede vlootoffisier en ontdekkingsreisiger van Texas, het met ’n duikboot die diepste tot nog toe geduik – amper 11 km (10,928 m) tot op die bodem van ’n punt in dié trog in die Stille Oseaan. Dit is 16 m dieper as die vorige poging in 1960.

Nie net het hy nuwe spesies ontdek nie, maar ongelukkig ook plastiek en metaalvoorwerpe met skerp kante.

“Dit was baie teleurstellend om te sien hoeveel afval van die mensdom so diep in die oseaan voorkom,” het Vescovo in ’n onderhoud gesê.

Plastiek het ’n bedreiging van epidemiese omvang in die wêreld se oseane geword. Daar is reeds na raming 100 miljoen ton plastiek in die see gegooi, luidens wetenskaplikes van die Verenigde Nasies.

Hulle het groot hoeveelhede mikroplastiek gevind in die ingewande van soogdiere soos walvisse wat diep in die see leef.

BIOLOGIESE MONSTERS VERSAMEL

Vescovo hoop sy ontdekking van afval in die Mariana-trog sal mense bewus maak van die storting in die oseane en dat regerings daardeur gedwing kan word om bestaande regulasies daarteen te verskerp of nuwes in te stel.

“Die see is nie ’n groot poel vir vullis nie, hoewel dit so behandel word,” het Vescovo gesê.

In die laaste drie weke het die ekspedisie vier keer in die trog geduik met die duikboot DSV Limiting Factor en het hulle biologiese monsters en klippe versamel.

Dit is die derde keer dat mense tot op die diepste punt – Challenger Deep – probeer duik het. Die Kanadese rolprentmaker James Cameron was die laaste besoeker in 2012 toe hy 10,908 km diep geduik het.

Voor hom in 1960 het die Amerikaanse vloot tot op 10,912 m geduik.

The Sydney Morning Herald het berig Vescovo het benewens die plastiekvoorwerpe en ’n plastieksak met woorde op, plastiek waarin lekkers toegedraai word op die bodem van die trog gekry.

Oor die ekspedisie het Vescovo gesê hulle voel of hulle ’n deur oopgemaak het om enige plek in die oseaan te verken. “90% van die oseane is nog nie verken nie,” het hy gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!