Skok oor Chinese tabakplaas
Nadat die kabinet verlede week die groen lig aan die Chinese tabakverbouer- en verspreider Namibia Oriental Tobacco gegee het om 10 000 hektaar grond in 'n staatswoud met beskermde boomspesies naby Katima Mulilo in die Zambezistreek in 'n tabakplantasie, mielie- en voerlanderye te omskep, het Namibiërs hul skok en afkeuring uitgespreek.
Hierdie goedkeuring kom ondanks omgewingskonsultante wat vroeër gewaarsku het Namibië loop die risiko om strydig met vyf landswette, vyf VN-konvensies en 'n SADC-protokol op te tree of dit te verbreek indien die gebied in landerye omskep word.
Dit sluit in die Grondwet, die bosbouwet, die wet op die beheer van tabakprodukte, die wet op grondbewaring, die SADC-protokol op Bosbou, die VN se konvensie op klimaatsverandering, die konvensies op biodiversiteit en die bekamping van verwoestyning, asook die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se konvensie op tabakbeheer.
Wrewel is uitgespreek omdat die gebied in 'n staatswoud geleë is waar verskeie van die 58 boomsoorte beskermde spesies is. Twee van hierdie spesies is op die rand van uitwissing en op die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) se rooilys.
Namibiese woude in die Noordooste is reeds genoeg geplunder en ons rooshout is vir 'n appel en 'n ei na die Ooste uitgevoer. Dít ondanks die ministerie van die omgewing en toerisme se moratorium in April op die oes, vervoer en uitvoer van bedreigde boomspesies.
Dit is hoog tyd dat Namibiërs hul stemme dik maak oor omgewingskwessies - of eerder krisisse.
Daar is al te veel Namibiese natuurlike hulpbronne, soos ons bedreigde bome, renosters, olifante en ietermagogs, geplunder.
Só sê ander 16 Junie 2019
Rapport sê
Die land se jong mense moet leer om die politieke bal te speel, eerder as om deur die bal gespeel te word.
Om reaktief te wees, is om regstreeks afhanklik te wees van stimuli in die eksterne omgewing; om deur die bal gespeel te word eerder as om die bal te speel.
Op die ou end sal dit proaktiewe, self-bemagtigende jong rolspelers met 'n realistiese, oplossingsgedrewe uitkyk wees wat onbedoeld Suid-Afrika uit sy ellende red.
Vir die jeug is die eerste stap in die strewe na proaktiewe selfbemagtiging om die aard van ons gesprekke te verander.
Ons sal blitsvinnig futiele en onproduktiewe gesprekke wat binne teoretiese raamwerke geskied moet verruil vir realistiese, oplossingsgedrewe gesprekke wat ten doel het om met regte oplossings vir regte probleme vorendag te kom. - Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie