Skok oor gemsbokvideo
Die permanente sekretaris van die omgewing en toerisme sê dié oortreders hoort agter tralies en vra die publiek se hulp.
Francoise Steynberg
'n Grusame video wat die wrede steniging van 'n gemsbok wys en op sosiale media versprei is, het skok en woede ontketen.
Die video wys hoe 'n groep onbekende mans wat Afrikaans praat 'n jong gemsbok met groot klippe bestook, aan die horings gryp en dan met 'n stomp mes keelaf sny.
“Bring die ander lang mes in die kar!” word op die video geskree.
In die agtergrond word gevloek en dawerend gelag terwyl die gemsbok angswekkend en hulpeloos blêr. Op die video kan vier mans en 'n wit bakkie gesien word.
Die video het reaksie van skok, woede en afgryse ontketen, maar is intussen weens die grafiese inhoud daarvan van Facebook verwyder. Dit is onbekend waar en wanneer die video gemaak is.
Republikein het die video na die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gestuur.
“Dit is 'n barbaarse daad,” het hy gesê.
“Ek het my bestuur opdrag gegee om dadelik ondersoek in te stel en die oortreders aan die kaak te stel,” het hy gesê.
Die permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, dr. Malan Lindeque, het gister aan Republikein gesê “hierdie mense moet tronk toe gaan”.
Die ministerie soek dringend inligting oor die video om die gemsbokslagters vas te vat.
Lindeque het gevra enigiemand met inligting oor dié video moet die direkteur van parke en wildlewe in die ministerie, mnr. Colgar Sikopo, onmiddellik by 081 122 3443 skakel.
GEMSBOKKE EN SEBRAS GESTROOP
Intussen is 22 gemsbokke en drie spesiaal-beskermde Hartmann-bergsebras op die plaas Liebenwerda in die Outjo-distrik gestroop.
Die plaaseienaar, mnr. Rainer Hillig, het gister aan Republikein gesê hy het Maandag die vars koppe van die gestroopte wild by 'n bosslaghuis op 'n afgeleë deel van sy plaas ontdek. Liebenwerda is 7 000 hektaar groot, bergagtig en tussen Outjo en Khorixas geleë waar vee- en wildstropers al jare lank verwoesting saai.
“Omdat die plaas so bergagtig is, is dit moeilik om die stropery te beheer. Gewoonlik word sowat 300 m van 'n grensdraad af gestroop,” het Hillig gesê.
Hy en van sy bure het gister die voorval aan die ministerie van die omgewing en toerisme gerapporteer, asook klagte by die Outjo-polisie aanhangig gemaak - ook een van die diefstal van sy sonpompe.
Dit is nie die eerste keer dat boere in die Outjo-distrik op grutonele van bosslaghuise afkom nie. Wild- en veestropers saai verwoesting in dié gebied. Volgens boere word sonpompe ook gereeld gesteel.
Mnr. Frank Bockmuhl, van die plaas Tsuvandes tussen Outjo en Khorixas, het in Julie verlede jaar 10 gemsbokke, een koedoe en 'n beskermde bergsebra aan die hand van wildstropers verloor.
Bockmuhl het gesê hierdie stropery vind al meer as 20 jaar plaas met agt tot 10 plase tussen Outjo en Khorixas wat deurloop.
Voorts is vier verdagtes van die ouderdomme van 35, 47, 54 en 57 Maandag om 00:24 sowat 10 km buite Swakopmund op pad na Arandis in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was hulle in die besit van vier gemsbok- en twee springbokkarkasse.
Die polisie vermoed die diere is in die Namib Naukluftpark gestroop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie