Skole fokus op beroepsopleiding
Henriette Lamprecht – Spesifieke skole wat oor tegniese geriewe beskik en werkwinkels vir verskeie tegniese rigtings insluit, is in elke streek van die land geoormerk vir voorbereiding op beroepsgerigte opleiding.
Volgens dr. Patrick Simalumba van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) hang dit van die streek of die skool af om meer as een tegniese vak aan te bied.
“Dit hang af van die beskikbaarheid van gekwalifiseerde tegniese onderwysers, toerusting en materiaal,” het Simalumba gesê.
Hy het verduidelik die geteikende skole is geïdentifiseer op grond van infrastruktuur wat reeds bestaan.
“Dit beteken dié is die skole wat in die verlede tegniese vakke aangebied het voordat dit in 2005, 2006 uitgefaseer is. Die skole wat gereed is om dié vakke aan te bied, behoort goed toegeruste werkwinkels of klaskamers in terme van gekwalifiseerde tegniese onderwysers, toerusting, materiaal en gereedskap te hê,” het hy gesê.
Volgens hom behoort die betrokke skole naby ‘n beroepsgerigte opleidingsentrum en –bedryf in terme van die waarneming van vaardighede, asook internskappe te wees.
Simalumba het voorts verduidelik tegniese vakke is graad vir graad heringestel en geïmplementeer en het afgeskop met graad 8 in 2017 en graad 9 verlede jaar. Vanjaar en volgende jaar kom graad 10 en graad 11 onderskeidelik aan die beurt. Die eerste senior sekondêre eksamen sal ook in 2020 afgelê word.
Met verwysing na die uitfasering van tegniese vakke in 2005/2006 het Simalumba gesê dié vakke was vir jare deel van die leerplan.
“Een van die rede hoekom dit uitgefaseer is, is omdat die tegniese veld ‘n duur oefening in terme van die aankoop van moderne masjinerie en toerusting en ook die behoud van gekwalifiseerde tegniese onderwysers is. Maatreëls is egter deur die regering ingestel om dié vakke weer by een skool per streek in te stel, mits die skool bestaande werkwinkels, klaskamers en ‘n koshuis het.”
Nog ‘n rede vir die geteikende skole is dat daar volgens Simalumba ‘n koshuis moet wees om leerlinge oraloor die streek te kan huisves.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie