Skole gryp kans aan om te verbeter
Skolenetbal
Die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso), met 23 privaatskole in die land as lede, het die afgelope naweek die finaal van die nuut ingestelde Napso netbalkompetisie vir sy lede aangebied.
In die opbou na die finaal was daar drie naweke van uitspeelrondtes (eerstens die Privaatskole wintersportweek, een toernooi by Windhoek Affies en nog 'n rondte in die verskillende streke).
Ter afsluiting word al die ouderdomme se finaal gespeel by die skool wie se o.19-span boaan die puntetabel geëindig het.
Op dié wyse word die span wat deur die seisoen as die nommer een eindig, beloon vir die harde werk deur tuisveldvoordeel én die eer om as gasheerskool op te tree.
Walvisbaai Privaat Hoërskool se o.19's het deur die loop van die seisoen puik presteer en met hul eerste plek die finaal by WBPHS laat plaasvind. Spanne vanaf onder 12 tot o.19 het van dwarsoor die land versamel om vir die gesogte trofees, medaljes en prysgeld mee te ding.
Toeskouers is opnuut bederf met uitstekende netbal deur skolespanne wat gewemel het van nasionale spelers, tesame met puik organisering en 'n atmosfeer van vriendskap en sportmangees wat op en van die baan af geheers het.
In die o.19-afdeling is die finaal gespeel tussen Tsumeb Gimnasium (wat in 'n naelbyt semifinaal met Elnatan afgereken het) en Walvisbaai (wat sy halfeindstryd teen WAP gewen het).
Tsumeb Gimnasium se o.19-span het die finaal gewen en met die gesogte trofee en goue medalje weggestap, gevolg deur Walvisbaai (silwer) en Elnatan (brons).
Die o.17-finaal was 'n absolute klimaks tussen Pro-Ed en Tsumeb Gimnasium wat nie een wou besgee nie en het op 33-32 geëindig met Pro-Ed as wenners van die goue medalje. WBPHS het die bronsmedalje ingepalm.
In die o.15-afdeling het Tsumeb Gimnasium koning gekraai met WBPHS die silwermedalje wenners, terwyl WAP die bronsfinaal teen Elnatan gewen het.
By die laerskole het Pro-Ed die o.13-finaal titel teen WBPHS beklink, terwyl WAP ook hier met Elnatan vir die bronsmedalje afgereken het.
By die o.12's het WAP sy spelpeil deurgaans konstant gehou en was in die finaal net te sterk vir Keetmanshoop Privaatskool, terwyl Tsumeb Gimnasium die aanslag van Pro-Ed om die bronsmedalje afgeweer het.
In die twee plaatfinale het die o.15 span van Pro-Ed vir Moria geklop en by die o.12's het Elnatan teen WBPHS gewen.
Napso bedank graag me. Christa Niehaus en haar vier streekverteenwoordigers (Florinda Fourie, Emsie Esterhuizen, Esmar Vermeulen en Marcel Janse van Rensburg) vir hul puik organisering, sowel as haar Tsumeb Gimnasium netbalbestuurspan wat deur Napso as die 2018- en 2019-seisoene se organiseerders aangewys is.
Mnr. Wouter Niehaus, hoof uitvoerende beampte van Napso, sê: “Napso se grondwetlike doel is om geleenthede op akademiese, sport en kultuurgebied vir sy lede daar te stel. Hierdie netbalgeleentheid kan dus net vir Napso-lede wees – alhoewel ons wens ons het die reg gehad om ook namens alle ander skole sulke geleenthede daar te stel, want die sporttalent in ons land is ongelooflik. Nogtans het hierdie ekstra geleentheid 'n positiewe impak op ons hele land.
“As voorbeeld kan ons net kyk na die nasionale o.17-netbalspan wat by die Suid-Afrikaanse provinsiale toernooi 'n silwermedalje ingepalm het. Vyf van daardie tien spelers kom uit Napso-skole.
“Naas die skole en nasionale afrigters se harde werk is die feit dat hierdie spelers naweek na naweek tydens die Napso kompetisie blootgestel word aan topgehalte netbal, vir seker ook 'n bydraende rede tot hul nasionale prestasie en dus tot voordeel van ons hele land.
“Geen regdenkende mens sal in die pad staan van enige organisasie of instansie wat hand in eie boesem steek en in skolesport belê nie – veral in hierdie tyd waarin soveel vrae gevra word oor skolesport in terme van swak organisering, swak vervoerreëlings, fondse wat nie na regte aangewend word nie, klerasie wat nie by nasionale spanne uitkom nie ensovoorts.
“Deur te belê in geleenthede vir sy lede het Napso eintlik ten doel om in die hele land se skolesport te belê en ons moedig dus alle organisasies of instansies aan om ook ons voorbeeld te volg en self op te staan en die verantwoordelikheid oor te neem en 'n geleentheid, hoe klein of groot ook al, daar te stel vir die sporttalent in ons skole.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie