Skole kry broodnodige voeding

Die N‡a Jaqna-bewaringsgebied het vandeesmaand voedselvoorrade ter waarde van N$96 000 aan 16 skole in die gebied geskenk.

Dit is die grootste bewaringsgebied in Namibië en een van twee wat deur San-inwoners bestuur word.

Skole is dikwels die enigste plekke waar kinders ’n maaltyd ontvang. Elke skool het N$6 000 se kos ontvang, wat olie, mieliemeel, sop, pasta en geblikte vis insluit.

“Die gemeenskap het tydens ons jaarvergadering besluit kos vir skole is ’n prioriteit. Dit is ’n perfekte voorbeeld van ’n gemeenskap wat sy weerloosste inwoners help,” het me. Sarah Zungu, voorsitter van die bewaringsgebied, gesê.

“Ons sal meer kan doen as ons meer hulp van die owerhede ontvang met die hantering van onwettige grondvergrype, omheinings en beweiding. Dit het ’n impak op die grond en hulpbronne wat vir ons gemeenskap beskikbaar is om te kan oorleef,” het sy gesê.

Volgens Zungu wag die bewaringsgebied steeds op die grondraad om ’n hoërhofbesluit van 2016 te implementeer en ’n oudit oor onwettige omheinings te doen.

“Daar is geen optrede nie. Ons is regtig op ons eie en probeer ons gemeenskap ondersteun.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!