Skole kry klaskamers, toilette
Henriette Lamprecht – Tenders vir alles van lessenaars tot toiletgeriewe, wat reeds in Augustus verlede jaar gesluit het, is uiteindelik aan suksesvolle bieërs toegeken.
Die bod vir skooltoerusting wat 840 lessenaars en 840 stoele, sowel as 21 lessenaars en stoele vir onderwysers insluit, is vir N$592 000 aan AF & Sons Investment toegestaan.
Die toerusting is volgens die jongste tenderbulletin geoormerk vir skole op onder meer Okongo, Eenhana, Ohangwena en Ondobe.
Byna 50 nuwe klaskamers gaan ook by skole op onder meer Endola, Ondobe en Eenhana gebou word, terwyl toiletgeriewe by ses skole aangebou gaan word.
’n Groot streekkantoor gaan ook op Eenhana teen ’n koste van byna N$2 miljoen opgerig word.
Vir opknapwerk en verbouings by die Hoërskool Dr. Lemmer op Rehoboth is 29 tenders ontvang waarvan die laagste net oor die N$2 miljoen en die hoogste N$8,3 miljoen was.
Tenders is ook aangevra vir opknapwerk en aanbouings by die koshuis, asook vir aanbouings by die Sekondêre Skool Mureti op Opuwo in die Kunenestreek.
Die aanbouings sluit die oprigting van ’n ablusieblok, ’n ontspanningskamer vir onderwysers, sowel as die installering van ’n rioolterrein en waterherleidingstelsel in.
Hiervoor is 31 tenders ontvang en was die hoogste bod N$7,7 miljoen.
Vir die bou van die nuwe skool, die Sekondêre Skool Havana in Windhoek, en die Primêre Skool Rundu (Landelik) Wes is 18 van die tenderaars volgens die jongste tenderbulletin Chinese boumaatskappye.
Die tender is weer uitgereik ná dit aanvanklik op 16 Oktober verlede jaar gesluit is.
Vir die Sekondêre Skool Havana in Windhoek is 37 tenders ingedien.
Die hoogste bod was N$26,1 miljoen.
Vir die bou van die laerskool op Rundu is 40 tenders ontvang, waarvan ten minste 10 volgens die bulletin Chinese maatskappye is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie