Skole moet self dié herstelwerk doen

Staatskole is self vir klein herstelwerk soos lekkende krane verantwoordelik, sê die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur.
NAMPA
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, sê staatskole moet verantwoordelikheid vir klein herstelwerk aan skole en koshuise neem.

Dit ter wille van doeltreffendheid en kostebesparing.

In ’n onderhoud met Nampa het Steenkamp erken die ministerie beskik tans nie oor ’n nutsmanstruktuur vir skole en koshuise wat klein herstelwerk kan doen nie.

Dit sluit die herstel van lekkende krane in, wat kan help om die ministerie se reuse- waterrekeninge te verlaag.

“Daar is skole wat voorsiening maak vir ’n gereedskapskas wanneer hulle werkers en skoonmakers aanstel. Alle streekdirekteure word aangemoedig om seker te maak maatreëls word ingestel om watervermorsing te verminder en dat daar nie lekkende krane is nie,” het sy beklemtoon.

Steenkamp het bygevoeg vanweë ’n gedesentraliseerde funksie het die ministerie van werke en vervoer se departement van instandhouding opdrag ontvang om met klein herstelwerk by skole en koshuise te help, hoewel skole se bestuur steeds daarvoor verantwoordelik is.

Lekkende krane veroorsaak watervermorsing en indien dit nie vinnig aangespreek word nie, sal dit die ministerie se waterrekeninge vergroot, het sy gewaarsku.

“Die ideaal is dat elke persoon by skole en koshuise seker maak wanneer hulle ’n lekkende kraan sien, word dit reggemaak. Hulle moet op die uitkyk vir lekkende krane wees – dit is al hoe ons die buitensporige waterrekeninge kan verlaag,” het Steenkamp gesê.

Sy sê die ministerie is bewus van enkele skole in Windhoek wat maatreëls ingestel het om lekkende krane te takel en ander klein herstelwerk op hul persele te doen.

Verlede week is verskeie skole in Windhoek se water- en elektrisiteitstoevoer weens niebetaling gesny.

Om die agterstallige geld te probeer dek, is N$26,4 miljoen aan die Windhoekse munisipaliteit (CoW) tussen 28 Januarie en 12 Februarie 2020 oorgedra. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!