Skole: Ouers hoef nie te betaal
Skole: Ouers hoef nie te betaal

Skole: Ouers hoef nie te betaal

Geen skool mag ouers dwing om finansiële bydraes vir die toelating van leerlinge te maak nie.
Ouers word steeds aangemoedig om vrywillige finansiële bydraes tot skole te maak om te help met die instandhouding en verbetering van infrastruktuur en ander geriewe by skole.

Geen skool mag ouers dwing om finansiële bydraes vir die toelating van leerlinge te maak nie.

Volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur vervang dié voorreg nie ouers en voogde se morele verantwoordelikheid vir hul kinders se opvoeding nie.

Die ministerie het verwys na die afskaffing van verpligte finansiële bydraes tot skole se ontwikkelingsfonds by beide laer- en hoërskole met die instelling van die Universele Primêre Onderrigtoelaag (Upeg) in 2013 en die Universele Sekondêre Onderrigtoelaag (Useg) in 2016.

Met die stygende koste van onderrig moedig die ministerie in ’n verklaring ouers “sterk aan” om skole op enige moontlike manier te ondersteun om aan leerlinge se onderrigbehoeftes te voldoen.

Die ministerie sê dit beteken nie ouers is op enige manier verplig om dit te doen nie.

Daarom mag geen skool op ouers se betaling vir die plasing van leerlinge in skole aandring nie, sê die ministerie.

Skole word wel aangemoedig om met inisiatiewe vir fondsinsamelings vorendag te kom.

Dié inisiatiewe mag nie gebruik word om die regering se standpunt oor die afskaffing van verpligte finansiële bydraes te kortwiek nie.

Ook dié inisiatiewe is vrywillig en moet slegs in oorleg met ouers, voogde, skoolrade en die skoolgemeenskap ingestel word.

Die ministerie staan in die verklaring by sy strewe na universele toegang tot onderrig en dat alle kinders ’n gelyke geleentheid hiertoe gebied word ongeag finansiële vermoëns, geslag of etniese agtergrond.

Geen leerling mag in die lig hiervan toegang tot die volgende graad of plasing by ’n skool geweier word op grond van die wanbetaling van enige fooie nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!