Skole plant 150 bome vir Wêreldomgewingsdag

Namibië gaan glo regdeur die jaar warmer word met geskatte temperatuurverhogings van 1 tot 3,5 grade Celsius in die somer en 1 tot 4 grade Celsius in die winter teen 2046.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Verteenwoordigers van die ministerie van die ­omgewing en toerisme, die Indiese hoëkommissariaat in Namibië en die Verenigde Nasies (VN) het Wêreld­omgewingsdag Woensdag op Karasburg herdenk deur 150 bome te plant.

Vanjaar se tema is lugbesoedeling. Die adjunkminister van die omgewing en toerisme, me. Bernadette Jagger, het gesê nie net lug word besoedel nie, maar ook water en grond.

“Lugbesoedeling is 'n bedreiging vir die wêreldklimaat en menslike gesondheid. Dit is 'n omgewings­probleem in Afrika, hoewel Afrika 'n klein rol in die opbou van ­kweekhuisgasse in die atmosfeer oor die afgelope dekades en eeue gespeel het,” het sy gesê.

Jagger sê Namibië is in die verslag van die interregeringspaneel oor ­klimaatsverandering van 2018 uitgesonder as een van die lande wat die kwesbaarste vir klimaatsverandering is weens die dorre omgewing, droogte en verwoestyning.

“Namibië se ekonomie is hoogs ­afhanklik van sektore soos landbou, veeboerdery, gewasverbouing en ­visserye. Daarom kan die gevolge van klimaatsverandering katastrofies vir ons wees.”

Sy sê volgens wetenskaplike vooruitsigte gaan Namibië regdeur die jaar warmer word met geskatte temperatuurverhogings van 1 tot 3,5 grade Celsius in die somer en 1 tot 4 grade Celsius in die winter teen die tydperk 2046 tot 2065.

“Reënval gaan ook al hoe meer wisselvallig word. Vanjaar het ons weer eens 'n erge droogte ervaar wat aan klimaatsverandering gekoppel word. In ander jare het Namibië windstorms, vloede, koue en hittegolwe in verskillende dele van die land ervaar,” het Jagger gesê.

“Die impak van klimaatsverandering op Namibië se ekostelsels is duidelik te sien, soos savannaplantegroei wat waarskynlik gaan verdwyn en plek vir meer woestyn gaan maak.”

Sy meen klimaatsverandering is ook 'n uitdaging vir voedselsekuriteit in landelike huishoudings en volhoubare ontwikkeling in Namibië in die algemeen.

Die plant van die 150 bome by skole op Karasburg is die Indiese hoëkommissariaat se inisiatief om Mahatma Gandhi se 150ste geboortedag te herdenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!