Skole se héél bestes byeen
Atletiek
Die afwesigheid van die Olimpiese kwalifiseerders Christine Mboma en Beatrice Masilingi laat ruimte vir ander belowende skoolseuns en -meisies om die kollig te steel wanneer die Namibiese Skolesportunie (NSSU) vanmiddag en môreoggend sy nasionale atletiekkampioenskap aanbied.
Elk van die land se 14 streke het reeds weke gelede hul streekkampioenskappe afgehandel en hul spanne saamgestel wat in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek sal kom meeding.
Veral in al die naellope is die kompeterende aanspraakmakers uit die boonste rakke – byvoorbeeld die seuns o.17 se 400 meter waar Ryk Erasmus, Lu-Hendro de Waal, Jaden Januarie en Janneman Brand mekaar kan opdreun in ’n resies waarna ywerig uitgesien word (vanaf 18:00 vanaand).
Erasmus se jongboet Jano (o.15) kan uitsien na warm naellope en hekkiesstryde teen Windhoek Gim se Zack von Wielligh.
Tuané Silver is reeds die senior nasionale kampioen in gewigstoot en diskusgooi en is ook die moeite werd om na op te let.
Waldré Kotze in die o.15-diskusgooi is ook ’n kandidaat om die kwalifiserende merk vir die SA kampioenskap te haal.
FOTO
Otjozondjupa se naelloper Ryk Erasmus kan een van die uitblinkers wees. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie