Skole se kampioenspanne vir die jaar bekroon

Hokkie
Andrew Poolman
Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het onlangs vanjaar se kampioene en finaliste van die Bank Windhoek skoleliga vereer.
In die liga het van die mees belowende ontwikkelingspanne van skole in die hoofstad mekaar tussen begin-Junie en middel-Augustus die stryd aangesê.
Mnr. Marc Nel, die NHU se president, het by die geleentheid gesê hokkie is een van die vyf geïdentifiseerde sportkodes wat deur die ministerie van sport, jeug en nasionale diens as prioriteite verklaar is.
“Met die steun van rolspelers soos die ministerie en Bank Windhoek sien ons uit daarna om hokkie in elke politieke streek van die land te bevorder. Die NHU is dankbaar vir Bank Windhoek se volgehoue steun vir hokkie, veral op grondvlak en onder junior skole. Sonder só ’n borg is dit moeilik om die sport in meer gemeenskappe bekend te stel.”
“Dit is net deur die ontwikkeling van hokkie vanaf die jongste skoolvlakke dat ons die diepte van ons sport op elke vlak in die land kan versterk – insluitend die latere hoër nasionale en internasionale vlakke.”
Die hokkiebaas het al die wenspanne van die onderskeie ligas geluk gewens.
“Mag hierdie die begin van jul aspirasie na hoër prestasies in die toekoms wees. Ons is ook dankbaar vir die toewyding van die junior liga se organiserende komitee, wat ’n uitstekende taak verrig het.”
Mnr. Riaan van Rooyen, die hoof van Bank Windhoek se ­korporatiewe strategie en volhoubaarheid, het gesê die bank het vertroue dat sy geldelike insette die NHU sal bystaan om ligas te reël waarin die spelers hul vaardighede kan slyp en die ondervinding kan opdoen wat Namibië in sy kontinentale en internasionale deelnames sal versterk.

Die onderskeie ligas se kampioene en naaswenners was:
Seuns onder A-liga: 1 Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP),
2 Windhoek Gimnasium A.
Seuns onder 13B-liga: 1 Saints B,
2 Pionierspark B.
Meisies onder 13-liga: 1 Windhoek Gimnasium, 2 St. Paul.
Meisies onder 13B-liga: 1 St. Paul,
2 Windhoek Gimnasium.
Meisies onder 10A-liga: 1 Windhoek Gimnasium, 2 St. Pauls A en Parkies.
Meisies onder 10B-liga: 1 Eros Primêre Skool, 2 St. Paul C.
Seuns onder 10A-liga: 1 St. Paul A, 2 Windhoek Affies A.
Seuns onder 10B-liga: 1 Windhoek Internasionale Skool, 2 Windhoek Gimnasium B.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!