Skole: Tydelike reëling vir winter
Skole moet smiddae genoeg tyd vir remediërende onderrig en buitemuurse aktiwiteite hê.
Henriette Lamprecht - Van eerskomende Maandag af moet skole nie vroeër as 07:30 en nie later as 08:30 in die winter begin nie.
By dubbelskofskole behoort klasse nie later as 16:30 ten einde te loop nie.
Volgens die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, geld dié jaarlikse tussentydse tydsverandering in die winter vanaf die aanvang van die tweede termyn tot en met die einde van Augustus.
Volgens Steenkamp moet veral skole in die Khomasstreek verseker dat skooltye dienooreenkomstig aangepas word.
“Pogings moet deur alle skole aangewend word om die maksimum gebruik van tyd te verseker om sodoende onderrig en leertyd te verbeter,” het Steenkamp gesê.
Sy het verwys na 'n formele omsendbrief wat reeds vroeër vanjaar aan skole uitgestuur is met riglyne oor hoe om skooltye in die winter te benader. Volgens Steenkamp het sommige skole in die Khomasstreek egter weens omstandighede nie hul skooltye volgens die ministerie se opdrag vir die winter aangepas nie.
Sy het toegegee skole in die land het elk hul eie dinamika en die verandering van skooltye kan nie op almal toegepas word nie. Laasgenoemde is veral op skole in landelike gebiede van toepassing.
“Ná deeglike evaluering van die omstandighede wat tans in skole heers het die ministerie tot die gevolgtrekking gekom verdere riglyne moet aan skole verskaf word om die aantal leerlinge te verminder wat in die donker moet skool toe gaan.”
Volgens Steenkamp is verskeie omstandighede by individuele skole tydens die ministerie se besluit in ag geneem.
Dit sluit in die dubbelskofstelsel wat behels dat die skooldag in twee skofte plaasvind; ouers wat op dié stelsel aandring sodat hulle hul kinders voor 08:00 kan aflaai en voor 14:00 kan oplaai; asook die afstand wat kinders na skole moet aflê.
Oorweging is ook geskenk aan die feit dat leerlinge en onderwysers in die meeste gevalle van beskikbare openbare vervoer gebruik maak, wat busse insluit.
“Afgesien van die dubbelskofstelsel moet skole boonop smiddae tyd vir geskeduleerde verpligte en remediërende onderrig en buitemuurse aktiwiteite inruim,” het Steenkamp gesê.
Vir ouers in stede is dit egter gerieflik om kinders tussen 06:50 en 07:10 by die skool af te laai sodat daar genoeg tyd is om in spitsverkeer betyds by die werk te wees.
“As almal nou om 08:00 by skole en werksplekke moet wees, gaan dit groot probleme veroorsaak.
“Om kinders vroeër af te laai, druis teen die doel van die besluit in. In landelike gebiede verseker dit egter leerlinge wat ver bly se veiligheid en dié kinders baat baie daarby om later te begin,” het een ouer gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie