Skool baat by bewaringsprojek
Tanja Bause - Die Primêre Skool Kasika was vir die tweede keer 'n begunstigde van 'n skenking deur die Zambezi Queen wat in samewerking met die Forever Wild-projek gedoen is.
Die skool, wat op die Kasika-eiland in die Zambezistreek geleë is, het net oor die 200 leerlinge. Huidig word onderrig tot by graad 8 aangebied, met die skool wat wil uitbrei om ook graad 9-klasse te akkommodeer.
Die vorige skenking het uit skryfbehoeftes en skooluniforms bestaan, terwyl die huidige skenking 'n skooluniform vir elke leerling verseker het.
Die Forever Wild-projek is 'n inisiatief van die Wilderness-stigting wat hom vir die bewaring van renosters beywer. Gaste wat op die Zambezi Queen, 'n tweedek-rivierboot, gehuisves word en 'n geldelike skenking aan die projek maak, ontvang 'n sagte speelding om saam te neem en die boodskap van die lot van Afrika se renosters en olifante verder te versprei. Die Zambezi Queen het 'n jaar gelede met die inisiatief begin en het die hoop uitgespreek dat dit sal uitbrei om nog meer skole in die streek te kan ondersteun.
“Die Zambezi Queen streef daarna om meer bewustheid oor die stropingskrisis in die streek aan te wakker. Voorts wil dit ook kinders oor die belangrikheid van bewaring inlig. Die omgewing moet bewaar word, nie net vir toekomstige geslagte nie, maar ook om 'n volhoubare toerismebedryf te verseker waarvan die streek so afhanklik is,” het me. Debbie Duke-Norris van die Zambezi Queen gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie